Olifantbul vir sy tande doodgeskiet in Krugerwildtuin

Deel op

ivoorDis nie net meer renosters wat vir hul horings bedreig word nie.

‘n Olifant is in die Pafuri-streek van die Nasionale Kruger-wildtuin vir sy tande gestroop.

Die hoof van SanParke se teen stropingseenheid, Johan Jooste, sê die stropers het die olifantbul eers doodgeskiet en daarna sy tande uitgeslag.

Dié stropery is die eerste so ‘n voorval die afgelope dekade.

Spoorsnyers het die spore van vier mense na Mosambiek gevolg.

Volgens SANparke is teen-stropingsveldtogte die afgelope tyd eerder daarop gemik om renosterstropery te bekamp.

Met die volgehoue olifantstropery in die res van Afrika wat dit egter slegs ‘n kwessie van tyd voordat dié bykomende plaag Suid-Afrika weer sou tref.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.