Buitelandse invloed oor veiligheid onder die loep

Deel op

psiraDie Suid-Afrikaanse minister van polisie, Nathi Mthethwa het reeds gesê dat buitelandse eienaarskap van private sekuriteitsmaatskappye ‘n bedreiging vir nasionale veiligheid inhou.

Tot op hede is dit glashelder dat die teenwoordigheid van sulke maatskappye geen helende invloed op die donker misdaadprentjie en veral plaasmoorde wat voedselsekuriteit bedreig, gehad het nie.

Dat buitelandse sekuriteitsmaatskappye ‘n bedreiging vir nasionale veiligheid inhou, het onlangs na vore gekom in ‘n debat oor die Privaatsekuriteitsreguleringwysigingswetsontwerp.

Die bedryf het inderdaad verskeie tekortkominge, waarvan intelligensie-insameling problematies skyn te wees.

Ook is daar sorge oor die nie-registrasie van personeel, swak opleiding, onvoldoende keuring en agtergrondontleding, die uitreiking van vuurwapens aan persone wat nie bevoeg is om dit te gebruik nie en die probelem met strafregtelike of dissiplinêre stappe teen die sekuriteitspersoneel wat die wet oortree.

Dit is alles geloofwaardig en geldige redes vir die verbetering van regulering.

Gegewe die groot aantal mense wat in die private sekuriteitsbedryf werk – baie van hulle gewapen – is dit belangrik dat dit goed gereguleer moet wees.

Daar is trouens twee keer soveel meer mense in diens van privaatmaatskappye as in die SAPD en SANW.

Die Minister het ook aangevoer dat die groei van die private sekuriteitsbedryf in Suid- Afrika ander lande oortref, maar in werklikheid, verskil Suid-Afrika se verhouding van private sekuriteitsbeamptes tot polisiebeamptes ( 2,87:1 ) nie veel van dié van ontwikkelde lande nie.

Die VSA het ‘n verhouding van 2,26:1 en Australië 2,19:1. Dit vergelyk ook gunstig met ander middelinkomste of ontwikkelende lande. Honduras het ‘n verhouding van 4,88:1, Indië 4,98:1 6,01:1 en Guatemala.

Die misdaadprentjie hier lyk nogtans bedroef.

Die 2013 Groenskrif oor polisiëring verwys na die bedreiging van die private sekuriteitsbedryf se “vermoë om Suid-Afrika se veiligheidsituasie te destabiliseer”.

Dit was oënskynlik weens die betrokkenheid van ​​voormalige militêre en polisielede op bestuursvlak, asook “die ontplooiing van ‘ n ​​hoogs opgeleide, wettig gewapende agente” binne hierdie bedryf.

Die meeste van hierdie voormalige sekuriteitsamptenare is Suid-Afrikaanse burgers wat deur die vorige bewind opgelei is.

Die Groenskrif wys ook daarop dat die private sekuriteitsmaatskappye oor geen spesiale magte verder as dié van private burgers beskik nie.

Dit is dus moeilik om te sien hoe hierdie maatskappye die staat se swak wetstoepassing verder kan ondermyn.

Die vraag bly egter oor hoekom sulke maatskappye geen positiese rol in misdaadbestryding kon speel tot dusver nie.

Terwyl die Suid-Afrikaanse Witskrif oor Verdediging (1996), beweer dat in die afwesigheid van ‘n eksterne of militêre bedreiging, “die grootste bedreigings vir die Suid-Afrikaanse bevolking sosio-ekonomiese probleme soos armoede en werkloosheid is.. sowel as die hoë vlak van misdaad en geweld,” het die prentjie op die vasteland intussen verander in lande soos die DRK, Suid-Soedan en Libië.

Nasionale veiligheid, maw die vryheid van interne en eksterne bedreigings, moet deurentyd aangepas word soos verwikkelinge op die internasionale toneel verander.

Alhoewel die 445407 sekuriteitsbeamptes wat geregistreer is, almal Suid-Afrikaanse burgers is of ten minste permanente inwonerstatus geniet, kan buitelandse agendas nogtans maklik ‘n destabiliserende rol speel tov geweld en protes soos wat die platinumgordel tans ondervind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.