Duitse motorvervaardiger belê groot in Oos-Londen-aanleg

Deel op

mercedesDie regering het homself daartoe verbind om ondersteuning aan die motorbedryf te verleen.

Die Duitse motorvervaardiger, Mercedes Benz, gaan vyf miljard rand belê vir die produksie van sy nuwe C-klas model by sy aanleg in Oos-Londen.

MBSA sal produksie van die nuwe C-klas by sy vervaardigingsaanleg begin met die aansienlike belegging in masjinerie en toerusting, asook vaardigheidsopleiding en-ontwikkeling.

Die Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, het die belegging as die grootste onder die huidige regering geloof. Davies sê die produksie sal die aantal uitvoerlande vergroot.

Davies het gesê die huidige iterasie van die APDP (Automotive Production and Development Programme) is hier om te bly en sal voortgaan tot 2020

Hy het gesê die bedryf kan dit as vanselfsprekend aanvaar dat daar verdere konsultasie sal wees oor hoe dit verbeter en uitgebrei kan word.

Arno van der Merwe, uitvoerende hoof van MBSA en vise-president vir vervaardiging, het gesê die plaaslike maatskappy het sy eerste C-klas in 1994 gelewer en sedertdien die eer gehad om elke daaropvolgende C-klas model te bou om ‘n gerespekteerde deel te word van Daimler se wêreldwye netwerk.

Van der Merwe het gesê MBSA het geleidelik verhoogde produksiekapasiteit nagestreef en produksie het ‘n toppunt van 60.000 eenhede in 2012 bereik.

Van der Merwe het nie die presiese kapasiteit van die aanleg gespesifiseer nie.

Hy het bevestig dat sowat 85 persent van die produksie van die aanleg uitgevoer sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.