Afrikanerhater dalk Gauteng se premier

Deel op
Creecy
Creecy

Die Gautengse uitvoerende komitee van die ANC het besluit op drie kandidate vir die premierskap van die provinsie

Alhoewel hulle nie die hulle name wou bekend maak nie, is daar spekulasie dat die Afrikanerhater Barbara Creecy onder hulle is.

‘n Provinsiale woordvoerder, Nkenke Kekana, sê die alliansievennote het die drie kandidate onderskryf.

Hy sê die provinsiale uitvoerende komitee is onder geen verpligting om die name bekend te maak voordat die komitee sy finale beslissing gee nie.

Daar word verneem dat die huidige premier, Nomvula Mokonyane, oor die hoof gesien is.

Die LUR vir Onderwys, Barbara Creecy, die provinsiale sekretaris, David Makhura, en die LUR vir Finansies, Mandla Nkomfe is glo die gunstelinge vir die pos.

Nkomfe het intussen gevra dat sy naam verwyder word van die lys van kandidate vir die 2014 provinsiale wetgewer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.