Onderwyser in hof oor kinderporno

Deel op

childvictimsVideomateriaal en verklarings wat verband hou met die saak van ­Gregory Robinson, ’n Potchefstroomse onderwyser, word tans ingewag.

Robinson, 46, word saam met verskeie Suid-Afrikaners verbind met ’n beweerde internasionale kinderpornografie-netwerk, het Beeld berig.

Hy het Woensdag in die streekhof in Potchefstroom verskyn op aanklagte van die besit van kinderpornografie.

Bert Viljoen, 54, ‘n voormalige hoof van Lichtenburg se regshulpsentrum, is ook glo deel van die kinderpornonetwerk.

Viljoen verskyn weer Vrydag in die landdroshof en Robinson sal weer op 13 Junie verskyn ivm met die saak.

Kol. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die ondersoek na die beweerde netwerk duur voort.

Dit is oopgevlek deur ’n organisasie in Kanada en 348 mense is verlede jaar wêreldwyd in verband met kinderpornografie vasgetrek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.