Sal belasting Malema uit parlement hou?

'Kill a Boer'
‘Kill a Boer’

Die Ekonomiese Vryheidsvegters wou nie kommentaar lewer oor hul partyleier, Julius Malema se belastingstatus nie.

Malema skuld die Ontvanger R16 miljoen.

Die EFF se woordvoerder het egter die versekering gegee dat hul leier wel parlement toe sal gaan.

Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se woordvoerder het gesê dat hy nie inligting oor die belastingaangeleentheid het nie.

‘n Trustfonds genaamd die JSM Trust, is in April in die lewe geroep om geld vir Malema in te samel.

In terme van Artikel 47 (c) van die Grondwet kan ‘n gesekwestreerde persoon nie in die parlement dien nie.

Die Inkomstediens wou ook nie oor Malema se belastingsake uitwei nie.

Die EFF het 25 setels in die Parlement nadat meer as een miljoen stemmers in die algemene verkiesing verlede week vir die party gestem het

Die voorsitter van die trustfonds, Mandisa Mashego het gesê sy is nie in ‘n posisie om te openbaar hoeveel geld tot dusver ingesamel is nie.

“Dit is vertroulike inligting,” het sy gesê.

Sy het gesê die fondsinsameling sal binnekort begin nadat die nuwe regering ingesweer is.

Malema moet weer op 26 Mei in die hof wees om ‘n voorlopige sekwestrasie bevel teen te staan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.