Stakers reageer nie op teksboodskappe om te gaan werk nie

Deel op

amcuptaStakende mynwerkers by Impala Platinum het glo soos by die Lonmin-myn, nie gereageer op steksboodskappe van hul werkgewers om terug te keer werk toe nie.

Vakbondleiers by Implats sê die teksboodskappe van platinumprodusente wil spanning onder werkers aanhits.

Daar is ook steeds ‘n groot polisie-teenwoordigheid by platinummyne op Rustenburg in Noordwes, te midde van die toenemende geweld van stakende myners teen nie-stakende werkers in die gebied.

Die mynmaatskappye wou nie langer deur Amcu onderhandel om die staking tot ‘n einde te bring nie en het selfoonboodskappe aan vakbondlede te stuur waarin hulle gevra word terug te keer werk toe.

Meer as 80.000 werkers wat by Amcu geaffilieer is, staak sedert Januarie by die paltinummyne.

Die gemiddelde mynwerker verdien sowat R4.500 per maand. Die stakers eis dadelik ‘n basiese salaris van R12.500 per maand.

Amcu het die hersiene salarisaanbod van Lonmin, Amplats en Implats namens die stakers verwerp.

Volgens dié aanbod sou werkers teen Julie 2017 R12.500 verdien het.

Die vakbond NUM het sy lede vroeër aangeraai om nie te gaan werk nie omdat dit onveilig is.

Hulle beweer dat 15 van NUM-lede die naweek aangerand is.

By Marikana het niemand glo nog vir werk opgedaag het nie.

Die Nasionale Polisiekommisssaris, Riah Piyega sê die polisie sal bestendigheid verseker terwyl die 16 weke lange staking voortduur.

Die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het vroeër gesê ‘n Amcu-lid is in hegtenis geneem in verband met geweld teen nie-stakende mynwerkers.

Hy sê vyf oortreders wat bande met Amcu het, is in die geweld geïdentifiseer.

Daar was reeds talle voorvalle van intimidasie. Mthethwa het onderneem om die geweld en intimidasie aan te spreek. Hy sê die organiseerders van die staking behoort verantwoordelikheid te aanvaar.

Die leier van Amcu, Joseph Mthunjwa, het egter gesê hulle sal aanhou staak. Mathunjwa het vroeër gesê hulle sal slegs terugkeer werk toe wanneer daar aan hulle eise toegegee is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.