Caster Semeya ontken sy verlowing

Deel op
Caster Semenya
Caster Semenya

Die atleet Caster Semenya het alle gerugte oor sy verlowing aan sy mede-atleet Violet Ledile Raseboya ontken.

“Daar is geen troue nie. Moenie die gerugte glo wat julle in die nuus lees nie,” het Semenya aan die Sowetan-koerant se webblad gesê.

Die Daily Sun het Maandag berig Semenya (23) het sy ouers na die familie van Raseboya in Polokwane gestuur om te onderhandel oor die betaling van lobola.

’n Bron na aan Semenya het glo gesê albei families is gelukkig om oor lobola te onderhandel en Semenya se familie sal glo R25 000 betaal.

Semenya het is in omstredenheid gedompel toe hy in 2009 die goue medalje gewen het in die vroue se 800 m-item by die IAAF-wêreldkampioenskappe in Berlyn.

Daar is later medies bevind dat die atleet tweeslagtig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.