Rusland verbied VSA se gebruik van vuurpylenjins

Deel op

soyuzRusland wil die VSA verbied om Russies vervaardigde vuurpyl-enjins vir militêre satelietprojekte te gebruik, het die adjunk-premier Dmitri Rogozin Dinsdag volgens Newsweek aangekondig.

Dit behels die MK-33 en RD-180 enjins wat Rusland aan die VSA beskikbaar gestel het.

Dié besluit kom nadat Amerika sanksies teen Rusland ingestel het om die Russe te dwing om die onwettige en onverkose junta wat na staatsgreep in die Oekraïene regeer, te aanvaar .

Die VSA het sanksies teen hoogs tegnologiese Russiese toerusting ingestel nadat die Krim in ‘n referendum besluit het om onafhanklikheid te verklaar na die onwettige magsoorname van ‘n demokraties verkose regering in Kiëf.

Rusland gaan ook weier dat Amerika sy internasionale ruimtestasie langer as 2020 gebruik.

Washington wil graag die internasionale ruimtestasie tot in 2024 gebruik. Die enigste manier waarop die Amerikaners na die ruimtestasie kan reis is met die Russiese ruimtetuig, die Soyuz.

Die Russe het ook reeds Amerikaanse GPS-stelsels in Rusland onbruikbaar gestel en eis dat die VSA hul soortgelyke navigasiestelsel, die Glonass in die VSA ontplooi.

Indien die VSA nie gehoor gee nie, het Rusland gewaarsku dat die GPS-stelsel teen September permanent afgesluit sal word op Russiese grondgebied.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.