Twis oor wrak die Santa Maria kan wees

santamariaAmerikaanse navorsers glo hulle het die wrakstukke opgespoor van die Santa Maria, die beroemde karavel van Christopher Columbus.

‘n Skeepswrak is gevind aan die noordkus van Haiti wat die 500-jarige oorblyfsels kan wees van Columbus se befaamde reis na die Nuwe Wêreld.

‘n Navorser, Barry Clifford sê hy het konkrete bewyse van ‘n wrak wat dié van die Santa Maria kan wees. Hy en sy span het talle onderwaterfoto’s en afmetings van die wrak geneem.

Clifford , 68 , wat ‘n verkenningstog verlede maand gelei het, sal Woensdagoggend ‘n perskonferensie hou by die Explorers Club in New York om die ontdekking aan te kondig.

Hy het gesê hy wil graag die skip in Haiti laat bly as deel van ‘n permanente uitstalling om die land se sukkelende toerismebedryf te help.

Clifford sê hy werk glo nóu saam met die regering van Haiti om die gebied afgesper te kry vir ‘n meer omvattende ondersoek.

Die Santa Maria was deel van Columbus se ekspedisie in 1492. Dit het op Kersdag daardie jaar gestrand.

Maar Haïti se amptenare het met skeptisisme Dinsdag gereageer, en gesê dit is onwaarskynlik dat enige iets sou oorgebly het van die wrak.

“Dit is ‘n historiese en wetenskaplike fout om te sê dat die Santa Maria opgespoor kon gewees het onder die see,” sê Erol Josue, direkteur van Haïti se Nasionale Etnologiekantoor.

Hy wys daarop dat die hout van die karavel deur oorlewendes gebruik is om ‘n klein fort, genaamd La Navidad te bou.

Dit word vandag beskou as die eerste Europese nedersetting in die Nuwe Wêreld.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.