Hongarye behoort aan Finland

Deel op

Image

Kovalaien (links) en Glock op die podium in Boedapest

Hamilton was die hele week die gunsteling om die Hongaarse Grand Prix te wen. Maar hy het in die 41ste  rondte skielik ‘n pap wiel gekry en het teruggesak na die 10de plek.

Deel op

In hierdie stadium het die Ferrari van Massa die toon aangegee. Kovalainen het nie bes gegee nie en het deur die veld gevleg om uiteindelik agter Massa te jaag. Die druk van agter was egter te groot vir die Ferrari se enjin en in die 67ste rondte het die Ferrari genoeg gehad.

Kovalainen het sy kans gebruik en die voortou geneem om die wedren oplaas te wen. Die oorblywende Ferrari van Raikkonen het derde geëindig. Hierdie oorwinning vir Kovalainen kom slegs drie dae nadat sy kontrak met Mclaren vir nog ‘n seisoen verleng is. Kovalainen is nie net meer Hamilton se adjudant nie, maar word nou as sy spanmaat geag.

Toyota se Timo Glock het die wedren van sy lewe gehad om Raikkonen weg te hou van die tweede plek af. Alonso in sy Renault het vierde geëindig na Raikkonen en net-net daarin geslaag om Hamilton se vlieënde Mclaren in die vyfde plek te hou.

Hamilton (62) is nog steeds voor op die punteleer vir bestuurders, met Raikkonen op 57 en Massa op 54. Ferrari is die voorloper wat die vervaardigerstitel betref.


купить шапку для девочки на веснуОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.