Kragpryse nog nie uitgeklaar

Deel op

EskomEskom het glo nog nie bepaal wat die tariefverhoging gaan wees wat verbruikers sal moet opdok nie.

Die elektrisiteitsreguleerder, NERSA, het vroeër die maand, op 9 Mei, ‘n verhoging goedgekeur.

Die aanbevole prysstyging is bo en behalwe die agt persent jaarlikse verhoging wat vir die tydperk van April verlede jaar tot Maart 2018 toegestaan is.

Eskom se uitvoerende direkteur van verspreiding, Mpongezi Ntsokolo, sê NERSA het nog nie ‘n finale berekening deurgegee nie.

Die verhoging is ook daarop gemik om te vergoed vir Eskom laer verkope en koste wat aangegaan is tydens die drie-jaar tydperk vanaf 1 April 2010 tot 31 Maart 2013. Die verhoging sal op 1 April 2015 ingestel word.

Uit die bespreking is dit duidelik dat Eskom moontlik minder vergoeding kan kry as waarvoor daar aansoek gedoen is.

NERSA se amptenare was duidelik skepties oor Eskom se uitgebreide gebruik van oopsiklusgasturbines (OCTG).

Hierdie aanlegte is ontwerp om bykomende opwekkingskapasiteit in tye van piekaanvraag aan te vul en kan aangeskakel word op kort kennisgewing.

Die lopende koste is 16 tot 18 keer dié van ‘n steenkoolaangedrewe kragsentrale.

Amptenare het gesê Eskom kan klaarblyklik nie die voordeel kry uit sy uitgebreide onderhoudprogram nie want onbeplande kragonderbrekings het skerp toegeneem in 2013.

Eskom se begroting vir herstelwerk en onderhoud het met 7% oor die driejaar tydperk gestyg, terwyl onbeplande kragonderbrekings ook toegeneem het.

Amptenare wys ook daarop dat hierdie toestand heers ten spyte van aanvraag wat afgeneem het. Hulle sê ook die ouderdom van aanlegte is nie ‘n verskoning nie aangesien baie ouer aanlegte nou meer krag verskaf as voorheen.

Volgens kenners dui dit eerder op bestuursprobleme.

NERSA het aangedui dat hulle gekant bly teen nywerhede wat betaal word deur Eskom om krag af te skakel omdat dit die ekonomie knou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.