Polisie in groot getalle by Marikana ontplooi

Deel op

marikana5Stakende mynwerkers in die platinumgordel in Noordwes het tot Woensdag om terug te keer werk toe.

Dinsdagaand is berigte van hernude oproer egter ontvang. Lonmin sê intussen dat die meeste van sy werkers aangedui het dat hulle Woensdag terug sal wees.

Bykomende polisie is in die gebied ontplooi om mynwerkers te beskerm wat weer wil werk, maar daar is vrese dat hul veiligheid in gevaar is.

As mynwerkers hulle hul werk wil behou, het hulle geen ander keuse as om weer te begin werk nie.

Drie mense is Maandag naby die Lonmin platinummyn vermoor toe hulle terug wou keer om te begin werk.

Die NUM het Amcu daarvan beskuldig dat hulle vir die moorde verantwoordelik is.

Tradisionele leiers het, na wat berig word, op ‘n gemeenskapsvergadering met stakende werkers besluit dat hulle sal wegbly totdat Lonmin werknemers se veiligheid kan verseker.

Die berigte van hernude geweld en intimidasie is ontvang nadat mynmaatskappye aangekondig het dat die meeste mynwerkers wil terugkeer werk toe.

Die polisie is in groot getalle by Marikana ontplooi waar hulle deur die nag die toestand gemonitor het.

Polisieversterkings na die gebied gestuur om mynwerkers te beskerm teen druk van die Amcu-vakbond wat hou by sy salariseis van R12.500 as minimumloon.

Die polisie het Dinsdag sestien mense, waaronder 14 vroue van die Mmaditlokwe-lokasie by Marikana in hegtenis geneem in verband met openbare geweld. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Volgens die polisie hou die oproer nie verband met die stakende werkers se eise nie, maar spanning loop hoog in die gebied.

Die polisie het politieke partye gemaan om nie inwoners verder aan te hits nie. Die EFF het voorheen ‘n beroep op stakers gedoen om nie toe te gee tot druk van platinumprodusente nie.

 

Oproermakers het strate en paaie met brandende buitebande en vullis versper.

Oproeriges maak beswaar teen plofstofoperasies by die naburige Tharisa-chroommyn. Hulle sê hul huise word glo beskadig en die gesondheid van hul kinders word benadeel deur die skietwerk.

Die polisie moes rubberkoeëls gebruik om mense uiteen te jaag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.