Zille, Heller, Kasrils is ideologiese bedmaats

Helen Zille
Deel op

Helen ZilleNa die DA se swak vertoning gemeet aan hul eie verkiesingsbeloftes, is die party glo erg verdeeld oor die manier waarop Zille die toekoms sien.

Die huidige stryd om die parlementêre leierskap en ideologiese keuses het reeds sy eerste slagoffer geëis, naamlik Lindiwe Mazibuko.

Mazibuko is beskou as die buffer teen Zille om te keer dat die verlinkses beheer oor die DA-koukus neem.

Mazibuko se besluit om vir ’n jaar by Harvard in die VSA te gaan studeer was dus ‘n noodgedwonge besluit om haar nederlaag teen Zille se faksie te verberg.

Praag het Maandag berig dat die R100 miljoen wat die DA op Mmusi Maimane spandeer het, ‘n aanduiding is dat hy deur Zille voorgestoot word.

Mazibuko het weliswaar nie ’n kans gehad het om weer aangewys te word as die DA se parlementêre leier nie, veral omdat Maimane parlement toe moet gaan nadat hy Gauteng se leierskapstryd teen die ANC verloor het.

Maimane het Maandag amptelik bevestig dat hy as LP sal dien nadat die DA nie Gauteng kon wen nie.

Maimane wat volgens ‘n DA-kenner Gareth Van Onselen die verlinkse rigting sal inslaan, is ‘n Zille-jabroer.

Van Onselen, ‘n voormalige DA-beleidshoof, het in sy rubriek op BDLive gesê daar is tans ’n “burgeroorlog binne die DA” teen Zille se outoritêre en linkse houding wat haarself omring het met jabroers.

Zille het Van Onselen intussen afgemaak as onbenullig omdat sy hom nie aangestel het in ’n pos waarvoor hy aansoek gedoen het nie.​

Zille het egter nie gereageer op Van Onselen se baie getroue ontleding van die verlinkse rigting waarin sy die party wil stuur nie.

Van Onselen se rubriek is deur die koerant gewysig nadat hy glo nog inligting oor Zille se greep op die DA wou uitlek. Daar word bespiegel dat hy Zille se aandeel in die gewelddadige opstande en aanhitsing in die Wes-Kaap by De Doorns in 2012 wou rugbaar maak.

Dié dreigende burgeroorlog beteken dat Helen Zille, Kim Heller van die EFF asook Ronnie Kasrils duidelik dieselfde ideologiese rigting ingeslaan het ten spyte daarvan dat hulle nie aan dieselfde partye behoort nie.

Dit wil dus voorkom asof daar ‘n ander agenda bestaan as dit waarvoor die kiesers verlede Woensdag gestem het.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.