Vrese dat geweld weer in platinumgordel kan opvlam

Deel op

amcu3Nog ‘n mynwerker is dood en ses ander aangerand Maandag toe geweld weer opgevlam het in die platinumgordel.

Een van die ses is in ‘n kritieke toestand.

NUM het gesê twee van sy lede is reeds vermoor.

‘n Woordvoerder van die Lonminmyn naby Rustenburg in Noordwes het die moorde op lede van die NUM veroordeel. Die intimidasie van werkers is onaanvaarbaar, het hy gesê.

Die NUM-lede wou nie aan die AMCU-staking deelneem nie. Die twee mynwerkers is die naweek vermoor. Die twee is vermoor toe hulle wou gaan werk by Lonmin.

Die NUM sê werkers en vakbondlede moet beskerm word ongeag of hulle werk en/of staak.

Lonmin wil hul bedrywighede hervat na die verwagting dat werknemers sal terugkeer hierdie week om weer te begin werk.

Vrese bestaan dat die myne se pogings ondermyn sal word om stakende werkers te oortuig om ‘n aanbod te aanvaar en terug te keer werk toe.

Die staking by Lonmin, Amplats en Implats is nou in sy 16de week.

Verlede week het Amcu die platinumprodusente se jongste aanbod verwerp.

Sondag het ‘n man en ‘n vrou doodgebrand in hul huis, terwyl ‘n ander in sy huis in Marikana verbrand is.

Sedert die naweek het moorde, geweld en mense wat verbrand word in hul gehuggies toegeneem, het die polisie gesê. Daar word vermoed dat dit verband hou met die stakings.

Daar was 20 aanrandings en ‘n aantal ernstige voorvalle van intimidasie teen werknemers en busoperateurs wat vervoer aan die mynmaatskappye se werknemers verskaf sedert Sondag, het Amplats, Implats en Lonmin in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Daar is werklike vrese dat daar ‘n oplewing van geweld kan wees soortgelyk aan dié van 2012 toe Amcu die NUM as die dominante unie vervang het.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.