Die onenigheid tussen Helen Zille en Lindiwe Mazibuko het waarskynlik gelei tot Mazibuko se besluit om die DA te verlaat om in die VSA by Harvard te studeer.
Die party het benadruk dat haar studie net tydelik sal wees en dat Mazibuko steeds lid van die party sal bly.
Dit gons oor die werklike redes vir die besluit wat sommige ontleders sien as ‘n wortel om Mazibuko weg te lok om plek te maak vir Mmusi Maimane.
Zille se nuwe gunsteling, die DA se nasionale woordvoerder Maimane, kan dus tans vir die posisie van parlementêre leier oorweeg word.
Gegewe die ANC se verminderde meerderheid in Gauteng , veral in die Stad van Johannesburg, sal Maimane die aangewese kandidaat wees.
‘n R100 miljoen is na bewering op sy veldtog in Gauteng spandeer, wat dit duidelik maak dat Maimane vir een of ander DA-leiersrol bestem is en dat daar nie genoeg plek vir twee ambisieuse swart leiers in die party is nie.
Zille sal nie weer ‘n wit gesig kan oorweeg vir enige leiersposisie nie. Syself is onder druk om plek te maak vir ‘n swart kandidaat weens die party se beleid van “nie-rassigheid”.