ANC sal beleggersvertroue herstel

Deel op

zumaDie ANC het belowe om beleggersvertroue met bestendige beleidsrigtings te herstel na sy oorwinning in die algemene verkiesing, het RSG berig.

Die ANC se Sekretaris-Generaal, Gwede Mantashe, het die party daartoe verbind dat hy sy beleid duidelik sal uitspel, en verwys na die Nasionale Ontwikkelingsplan.

Die plan stel grootskaalse infrastruktuurprojekte in die vooruitsig en verwerp die nasionalisering van belangrike sektor soos die mynwese.

President Jacob Zuma het reeds gesê die ANC se sterk vertoning by die stembus het aan die party ‘n duidelike mandaat gegee om met die program voort te gaan. Mantashe het ook daarop gewys dat die rand na die vreedsame verkiesing verstewig het en voorspel dat die nuwe kabinet die markte nog verder sal opstoot.

Zuma het intussen gesê sy regering sal hulle daarvoor beywer om dienslewering en transformasie te versnel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.