Sokkerwedstryd eindig in vertrapping

Deel op

drkSokkergeweld het die lewens van 15 mense geëis in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Volgens sommige berigte is die aantal dooies hoër.

Minstens die toeskouers dood en 21 ernstig beseer nadat geweld Sondag by ‘n sokkerwedstryd in Kinshasa in die hoofstad van die DRK uitgebreek het.

Die polisie het glo traangas afgevuur na ‘n klipgooiery wat daarna tot ‘n vertrapping gelei het. ‘n Muur by die stadion het ook meegegee.

Vertrapping is glo ‘n algemene verskynsel in die DRK by groot byeenkomste waar 21 mense verlede maand mekaar doodgetrap het toe dinge by ‘n musiekkonsert skeefgeloop het en die skare op loop gegaan het.

Amptenare sê die dodetal is deur Kinshasa se goewerneur, André Kimbuta, aangekondig.

Kimbuts het die beseerdes in die hospitaal besoek.

Die kragmeting tussen twee gewilde plaaslike spanne, ASV Club en Tout Puissant Mazemba het tot die vertappingsterftes gelei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.