Verkiesing: Het Afrikaners Afrikanerskap verwerp?

Deel op

danr2deur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Leon Lemmer verklaar vandag in sy rubriek:

Onderliggend is daar die onomstootlike feit dat ons deur ons eie mense ontheem is. Daardie bliksems woon ongeskonde en welvarend tussen ons.

Eerlikwaar, ek kan nie anders as om met Leon saam te stem nie: die grootste vyand van die Afrikaner vandag is nie meer Brittanje, die Sowjetunie of selfs die ANC nie, maar die Afrikaner self. Trouens, toe ek tydens die pas afgelope verkiesingsveldtog in die Paleis van Justisie te Pretoria met ampsdraers van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) oor die verkiesingsdeposito moes praat, het hulle my beleefd en met agting behandel. wel wetende wie ek is en dat ek ‘n Afrikanerparty, die Front Nasionaal, verteenwoordig het. As daar iets soos ‘n beleefde aanspreekvorm in moderne Engels was, sou hulle my met “u” aangespreek het.

Nie net “jy” en “jou” die meeste Afrikaners my nie, maar my inkassie is tydens die verkiesing deur DA-ondersteuners oorstroom met die volgende tipe boodskappe:

Wat ‘n klomp kak! – mariolift@yahoo.com

Hi dis n persoonlike email myne moet asb nie weer nonsens stuur nie dit mors my tyd. En plaas daarvan om ander partye te beledig vee eers voor julle deure regtig pateties… – Dina Dadswell dinadadswell@gmail.com

Word wakker. Die DA is werklik die enigste manier om die barbare te stop – Ben Van Niekerk benny.vanniekerk@gmail.com

Beste Dan, Voertsek. Ek kan aan meer kras woorde dink, maar nou ja. Ek distansieer myself heeltemal van hoere en barbare wat in protesoptogte landsvlae verbrand. Julle berokken ons mede wit afrikaners soveel skade. Aggenee man! – Morne Pretorius mornewp@gmail.com (L.W. Die “landsvlag” waarna hy verwys, is die internasionale kommunistiese vlag, rooi met die hamer-en-sekel-embleem daarop.)

Do not send this to me ever again! In plaas van saam staan is elke party vir sy eie! Dis agv julle wat di land in sy moer is! Jan Bosch boschjd@gmail.com

Boel – Henk Vosloo henkvosloo@telkomsa.net

SIESTOG DOOS – Willem van Zyl vanzylwillem0@gmail.com

Nou ja; laat on maar sien wie in die werlikheid leef en wie spoke aanjaag; ofskoon die statistiek. Jou houding is ouderwets; lankmeer nie van toepassing nie; mense redeneer met ‘n meer volwasse houding weens ondervinding. ‘n Tragiese statistiek het ander metodes van aanpassing opgekweek; die mensdom se geskiedenis het ‘n situatsie ontwikkel wat volwasse mense, met opreg emosies, na internationale steuning lei. Jou pogings, ofskoon die idealisme, is skrikwekkend. – George Richard Cunning george.cunning@gmail.com

Fokkof – ek het nie tyd om sulke snert te akkomodeer nie! Miskien is dit reg – moenie DA stem nie – dan versterk julle in elk geval ons – die ANC, SACP en waarskynlik ook die EFF – se politieke voorsprong en leeftyd! Word wakker jou aap!!! Ek sal jou sommer vanself blok! Ek stem in elk geval nie DA nie, ek is ‘n ingeskrewe en aktiewe ANC lid – jy is welkom om my politieke affiliasie na te gaan!! Nog altyd geweet professors en doktors is nie noodwendig intelligent nie! – Bettie Nieuwoudt bettien@live.co.za

Dis baie swak om ander partye af te kraak. Sit n berig in die koerant as jy n voet het om op te staan met jou aantygings. Inteendeel hetek nog nooit van jou party gehoor nie – Super Heatstop superheatstop.kirsten957@gmail.com

Wie de f o k gee jou toestemming om verkiesing propaganda te stuur. Verder stem ek vir wie ek wil en sal definitief nie vir klein partye stem wat die 30 jaar geen inpak gehad het nie. Dit het begin by die HNP en eindig by die VF. Cheers – Hennie Strydom strydom.hennie@yahoo.com

Hi, Dus nou n Klomp stront. DA groete – Muneeb Omarjee omarjee4@gmail.com

Ek het nie jou negatiwiteit nodig nie. – Almero Stoltz almero.leighton@gmail.com

Dis nogal swak geskryf!!!! Om so iets uit te stuur is ‘n skande!!!! Ronel ronelvrensburg@gmail.com

Piss off! How dare you send me unsolicited email. I hope nobody votes for you bunch if idiots!!!! – Yvette du Toit yvette.dutoit@gmail.com

Goeie more, Ja ek besef dat van die goed wat jy daar se n moontlikheid is, en dit sit nie lekker in n man se hart nie. Maar die GROOT vraag is : WIL ONS VAN DIE ANC ONTSLAE RAAK ? Ja of nee. Wel ek wil. Of julle en ander mense wat se julle wil dit regtig wil he betwyfel ek ten sterkste. Ek is nie die tipe persoon wat skree ,Moer hulle, skiet hulle en fok hulle nie. Ek is die tipe mens wat sekere op offerings sal maak . Met anderwoorde om vir klein onbenullige splinter partye te stem sal nie help vir wat ons wil he nie. Naamlik om van die anc ontslae te raak nie.Al wat dit baie suksesvol sal doen is om te sorg dat die anc weer met n 2 derdes stem sal wen. On wel te kry wat ons wil he is om te verenig, of ons met die D A se beleid saam stem of nie is om vir die DA te stem. Met hulle is daar n vae moontlikheid dat ons dalk kan kry wat ons wil he. In die lig beskou, en as n persoon wat wel van die anc wil ontslae raak. Sal ek my ore sluit vir verkiesing propeganda. en wel vir die DA stem. LETWEL: nie omdat ek met hulle manifes saamstem nie. – Swanie jzswanie@gmail.com

Please don’t send me voting information. Small parties are usesless. Disband yourself and go over to DA. Same goes to VF+. Disband. All other small parties do the same. – David Grant du Preez hotboygrantimweb@gmail.com

Ek stel nie belang in verkiesings propaganda nie!! Volgens my is almal korrup!! So fok weg en los my uit!! – Gert van Tonder gertvantonder78@gmail.com

Fokof – Pieter Swart 2jackrussels@gmail.com

Hi Dan, Ek mag miskien nie ‘n Doktorsgraad hê soos jy nie, maar stupid is ek nie, so hou jou partytjie want julle gaan nie eens die Parlement haal nie. – Denis Chapman denchapman@telkomsa.net

Ek stem nie vir n party wat nie eers kan spel of taalvaardig is nie. Stop alle kommunikasie na my! Jaco Rademeyer DA Kieser jrejaco@gmail.com (L.W. Ek het agterna vir dié persoon gevra waar ek verkeerd spel, maar hy kon my nie antwoord nie. Blykbaar spel Mmusi Maimane Afrikaans beter as ek.)

waar val jy nou weer van jou trollie af ………….
die feit dat jy nou nog die kommunis storie glo/skree wys dat jou kop in jou poepol gebere is. – Pierre Jordaan paj2001@gmail.com

Vlieg he’ll toe, ek STEM DA – Cules Strydom culesstrydom@gmail.com

thank you but no thanks. DA has proved itself many times over in the one successful province in SA – Coffee & Books bruclem@hanover-za.com

Gaan praat jou kak op ‘n ander plek, en haal my van jou mail list af! – Frikkie Nortjé frikkie.nortje7@gmail.com

Julle praat net n pot kak. Weet nie wie de fok my adres opgesit het nie , verwyder dit dadelik. En die blikkies kos wat julle in 94 gebere het is in elkgeval vrot ! Seriously get a fucking live – Jhanes Esterhuizen esterhuizenja@gmail.com

‘n Aanhaling van Churchill wat ook die afgelope week tydens die verkiesing die rondte gedoen het, is:

The strongest argument against democracy is a five minute discussion with the average voter.

Dit is maklik om jouself te oortuig dat die meerderheid Afrikaners gekant is teen regstellende aksie, plaasmoorde en korrupsie, asook begaan is oor die herstel van ons vryheid en soewereiniteit, Standaardafrikaans, Afrikaanse skole en universiteite, totdat ‘n mens Churchill se “vyfminutegesprek” met die gemiddelde Afrikaner voer of dalk vyf woorde van hom in geradbraakte Afrikaans per epos ontvang.

Met slegs 5 138 stemme wat op Front Nasionaal met sy boodskap van kulturele selfbeskikking en die uiteindelike herstel van Afrikanersoewereiniteit verenig is, moet ek erken dat “ware Afrikaners” vandag in ‘n volslae en moontlik uitsterwende minderheid verkeer.

Dis al jare lank wat ek die hoon en smaad van sommige Naspersjoernaliste verduur. Ek kan onthou toe ek destyds in die laat negentigerjare op ‘n ietwat huiwerige manier gewonder het of Afrikaanse taalregte nie maar eerbiedig kon word nie, is ek as ‘n “Nazi” uitgeskel en met Adolf Hitler vergelyk. Karen Zoid, Max du Preez en vele liberale Afrikaners het my gereeld as ‘n “moroon” en ‘n “idioot” uitgekryt.

Toentertyd met die stigting van PRAAG in 2000, het Hannelie Booyens, dieselfde Beeld-joernalis wat onlangs die “Nazi-saluut”-herrie op Potchefstroom ontketen het, my ongevraagd in ‘n epos uitgevloek dat die see my nie kon afwas nie. Dit was f- en k-woorde net waar jy kyk. Toe ek agterna daaroor by Beeld kla, het die koerant gedreig om mý te dagvaar!

Wat is die implikasie van Afrikaners se oorweldigende steun vir die DA, ‘n grotendeels Anglo-Amerikaanse party wat grondhervorming, regstellende aksie en naamsveranderings ondersteun? As ek eerlik met myself is, moet ek sê dat hulle nie net ons klein groepie se idees verwerp nie, maar ook hul rug keer op die totale Afrikanertradisie oor die afgelope vier eeue, vanaf Jan van Riebeeck tot PW Botha!

Soos Max du Preez en ander al geargumenteer het, was die Groot Trek ‘n fout, want ons moes eerder die gesag van die Britse koningin in die negentiende eeu aanvaar het. Toe Brittanje die Transvaal geannekseer het, eers in 1877 en toe weer in 1899, moes ons dit insgelyks aanvaar het. Toe die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty onder Joe Slovo en Nelson Mandela in die 1950s hul stem begin dik maak het, moes ons net daar politieke selfmoord gepleeg het en nie nog vir veertig jaar “aan die mag vasgeklou het nie”. Boonop moes Afrikaans nooit bestaan het nie en moes ons soos die Skotte, Waliesers en Iere gemaak het en eenvoudig Engels, Engels, alles Engels aanvaar het.

Om weereens Leon Lemmer aan te haal: “Ons is deur ons eie mense ontheem.” Omdat hulle reeds die Afrikanertradisie en -kultuur in sy totaliteit verwerp het, beskou hulle ons as vreemdelinge in Suid-Afrika. Telkemale die afgelope tyd, op Twitter en elders, is daar mense wat vir my sê dat ek die land behoort te verlaat omdat ek daarop durf aandring om myself te wees en nie onderdanig aan die veramerikaanste, multikulturele orde is nie.

Kort ná verkiesingsdag het ‘n joernalis my gebel en gesê: “Jy moet jou politiek los, Dan. Ons Afrikaners omhels die multikulturele samelewing en hou van diversiteit.”

Is dit waar? Op die oog af lyk dit so. Óf Afrikaners het so skynheilig geword dat hulle vir Mmusi Maimane en Lindiwe Mazibuko stem, maar in hul binnekamers steeds in die geheim een of ander Afrikaneridentiteit koester, óf my joernalistieke vriendin het gelyk!

Binnekort gaan die DA ‘n nuwe leier kies en dit lê tussen Musi Maimane en Lindiwe Masibuko. Adriaan Basson, die redakteur van Beeld, sê reeds in sy koerant:

In Gauteng het derduisende Afrikaanse mense gestem vir ’n swart man – Mmusi Maimane – om premier te word van Suid-Afrika se ekonomiese hartland.

Dit sê nogal iets van hoe identiteitspolitiek in 20 jaar verander het, selfs vernietig is.

Dit gee my ‘n gevoel van: Ek is geweeg, en te lig bevind. Ten minste deur Afrikaners, wat Mmusi Maimane bo my verkies.

Miskien moet Sunette Bridges volgende keer as sy weer “Nog ‘n moord!” op Facebook skree, vir Mmusi Maimane laat weet. Hy is haar leier en deel haar leedvermaak oor die mislukking van enige noemenswaardige Afrikanerbeweging.

Terwyl ‘n klein groepie van ons ons volk van ‘n gewisse ondergang en Suid-Afrika van ‘n herhaling van die Zimbabwiese ondergang probeer red, het die meerderheid Afrikaners net minagting vir ons. Hulle vloek en skel op ons. Of koester leedvermaak soos Sunette Bridges en die Vryheidsfront Plus wat nou ‘n “inklusiewe” party is en saam met die DA modder na ons toe gooi. Trouens, vanjaar is PRAAG soos nog nooit tevore beswadder nie en het ‘n groepie uit die Kaap herhaaldelik klagtes teen ons webblad by Google gelê en hulle oortuig om die advertensies op ons webblad te staak, wat vir ons ‘n aansienlike finansiële verlies veroorsaak het. Hulle wil ons heeltemal stilmaak en finansieel ruïneer.

Wat bly dus oor? Daar is mense wat eenvoudig boedel oorgee en die land verlaat. Gereeld bel mense my en sê hulle het nou genoeg gehad en gaan nou Australië toe. Ek weier egter om my geboorteland te verlaat omdat mense soos aangehoudenes in ‘n geestesinrigting op my vloek en skel.

Ek is egter bereid om te aanvaar dat die 5 138 mense wat vandeesweek vir die Front Nasionaal gestem het die enigste oorblywende Afrikaners is, tesame met ‘n paar duisend ander wat nie kon of wou stem nie.

Ek aanvaar ook dat die meerderheid Afrikaners volslae minagting vir my koester. Hulle dink ek kan nie spel nie, omdat hulle nie meer die Standaardafrikaanse spelling erken nie. Moontlik spel hulle nou soos die Kaapse digter Loit Sôls. Die digteres en ANC-ondersteuner Antjie Krog bepleit reeds jare lank Kreools, dus het sy ‘n groot klomp mense tot haar sienswyse bekeer.

Afrikaners wil nie gered word nie; hulle geniet geweld, diskriminasie en oorheersing.

Waarskynlik sou ‘n mens ‘n lang ontleding van die Afrikaner se psigopatologie, sy masochisme en identiteitsdiffusie kon doen. Identiteitsverlies by die individu lei gewoonlik tot depressie en skisofrenie. Daar is heelwat elemente van Afrikanergedrag deesdae wat as skisofrenies bestempel kan word. As jy met mense praat oor politiek, kla hulle steen en been oor toestande in die land, maar as dit by verkiesings kom, stel hulle hoegenaamd nie belang om enigiets daaraan te verander nie. Hulle haat die ANC, maar is dol op die gewese ANC-leier, Mandela. Ensovoorts.

Ek moet egter sê dat dit my nie eens meer interesseer om Afrikaners in hul huidige toestand te probeer verstaan nie. Net soos hulle my konstant verwerp, verwerp ek hulle ook.

Soos Koos Kombuis, voel ek lus om uit die Afrikanerdom te bedank. Of miskien is ek lankal deur die halfgeletterde DA-kaners met hul anglofiele Huisgenoot-aanbidding vir die Britse koningsgesin, Zille en Mmusi Maimane afgedank!

Desnieteenstaande voel ek baie lojaal en patrioties teenoor ons geskiedenis, ons tradisie en ons voorouers wat onder veel moeiliker omstandighede as vandag altyd vryheid en soewereiniteit nagestreef het. Die feit dat die huidige geslag ons edele voorgangers verwerp het, beteken nie dat ons hulle daarin moet navolg nie, inteendeel.

Kom ons eer die dooies, ook die onskuldige kinders wat deesdae vermoor word omdat hulle ouers iewers in die reënboogkroeg sit en drink.

Ons beskik oor ‘n wonderlike en voortreflike tradisie, ‘n pioniersgeskiedenis wat vele ander volkere ons beny. Ek sou graag dáároor wou getuig, wel wetende dat ek my daardeur die hoon en spot van die dansende, dekadente, toi-toïende, verafrikaniseerde DA-kaner op die hals sou haal. Hulle wat nie net Andries Pretorius, Paul Kruger en Hendrik Verwoerd verwerp het nie, maar ook NP van Wyk Louw, CM van den Heever en Jaap Steyn.

Dit raak donker in Suid-Afrika. Maar in Europa – in ons stamlande, Nederland en veral Frankryk – heers daar ‘n opwindende herlewing van ons beskawing. Ons moet ons rug op ons volksgenote in hul dwaasheid en waansin keer en eerder aansluiting by ons geesgenote oorkant die water vind. Ons moet ons eie krisis ook vir hulle verstaanbaar maak en daardeur ons verbintenis tot Promethaanse denke en optrede herbevestig.
Ook moet ons aanhou om in Standaardafrikaans, ons mooi, aristokratiese, musikale taal te skep en te dink.

Terwyl die meeste Afrikaners hul identiteit prysgegee het – dít waaroor ‘n gedekultureerde Afrikaner soos Adriaan Basson jubel – het hulle nog nie heeltemal hul taal afgesweer nie, al kan hulle dit nog skaars praat en skryf.

Ek troos my daaraan dat Hebreeus, wat eens ‘n dooie taal was, in Israel kon herleef. Net so gaan Afrikaans iewers in die toekoms herleef, solank ons aanhou om ons tradisie in die hede uit te bou, al is dit dan vir ‘n klein minderheid.

Daar heers tans twee vorme van meerderheidstirannie in Suid-Afrika: dié van swart wat oor wit regeer, maar ook die politieke meerderheid van Mmusi Maimane-dissipels onder Afrikaners wat ons, die skeppende en denkende minderheid, verdruk. Nie net staan hulle onverdraagsaam teenoor ons, wat dieselfde taal as hulle praat nie, maar hulle sou ons graag uit die land wou verdryf of permanent die swye oplê omdat ons hulle aan die legio mislukkings van hul multikulturele utopie herinner.

Sowel Van Wyk Louw as Nietzsche het ingesien dat die skeppende minderheid die lotgevalle van volkere en kulture bepaal.

Van Wyk Louw het mos gesê:

maar as julle dood
en ’n vrot plek in ons volk is,
dan sal ons ’n mes vat
en vinnig, genadiglik
sny deur spiere
en vleis tot genesing.

Ons probleem is net dat die “vrot plek in ons volk” só groot geword het. Maar al bly daar ‘n paar honderd of ‘n paar duisend van ons oor wat steeds die hoefslae van die Bittereinders in ons binneste voel dreun, is daar hoop.

Ek is egter nie oortuig dat dit enige doel dien om verder oor politiek met Afrikaners te praat nie. Nie net is hulle onkundig oor ons geskiedenis en die huidige internasionale politiek nie, maar hulle stel meer in die meng-en-wees-vrolik-boodskap van Sewendelaan as in enige werklike politieke ontleding of debat belang.

Ons behoort eerder verhale en sprokies aan hulle te vertel. Iets soos fiksie met ‘n effense, haas onsigbare kinkel.

Of dalk moet ek oor modes, motors en binneversiering skryf. Dit sou meer sin hê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.