Vetsugtig is ‘n lelike woord

Die Britse gesondheidsowerheid gaan nie die Engelse woord obese oftewel vetsugtig gebruik om kinders te beskryf nie.

 
Hulle meen dat navorsing getoon het dat die term vetsugtig mense laat afskakel en dat hulle dit hoogs kwetsend vind.

Die term baie oorgewig sal pleks daarvan vir kinders gebruik word wie se massa-indeks 30 oorskry.

Die Britse departement van gesondheid het gesê die gevaar bestaan dat ouers nie sal reageer as hulle 'n brief met die woord vetsugtig ontvang nie.

Die Nasionale Vetsugtigheidsforum het die regering daarvan beskuldig dat hy kleinsielig is om die beskrywing te vermy.

Amerikaners het na die term teruggekeer omdat dit die soort skokwoord is wat ouers laat regop sit en hul aandag verkry.

измена супружескаяпрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.