Suid-Afrika se opvoedingstelsel is besig om te misluk, s? Pandor

Image

Naledi Pandor… pessimisties

Suid-Afrika se opvoedingstelsel onderpresteer, sê die minister van onderwys, Naledi Pandor.

Sy het gewaarsku dat die prestasie in wiskunde en wetenskap beroerd is.

Pandor het by die Universiteit van die Witwatersrand gepraat. Sy het gesê dat Suid-Afrika gekonfronteer is met onvoldoende infrastruktuur, asook vervreemde en ongemotiveerde onderwysers.

Sy het die slaagsyfers aan vele universiteite as uiters kommerwekkend beskryf.

Onlangse navorsing het getoon dat meer aandag gegee moet word aan hoe opvoeding, indiensneming en entrepreneurskap met mekaar verbind is.

Werkgewers kla dikwels oor taalvaardigheid, gebrek aan werksetiek en die afwesigheid van analitiese vermoëns.

Alle studente behoort 'n basiese kennis van ten minste een van die inheemse tale van Suid-Afrika te hê en 'n inleiding tot Afrikageskiedenis en -kultuur te ontvang, het sy gesê.

лестницы схемыФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.