Organiseerder van oproer in Wes-Kaap is DA-lid

Deel op
Wie het Poni se kaartjie betaal na Londen?
Wie het Poni se kaartjie betaal na Londen?

Nege jaar gelede het Mzonke Poni die Wes-Kaap se eerste opstande georganiseer, oop stukke grond beset, en paaie met klippe en brandende bande versper. Vandag is hy ‘n lid van die DA.

Poni was ook op die voorpunt van die gewelddadige oproer en plundery in Kaapstad.

Hy het Londen besoek waar hy insgelyks op die voorpunt van die Occupy-beweging was. Poni word onder Brittanje se ver-linkses as ‘n leidende figuur in die organisering van opstand, weerstand en grondbesetting beskou.

“Dit is ‘n besluit wat ek geneem het op ‘n persoonlike vlak. Die besluit om by die Demokratiese Alliansie te sluit, is ‘n besluit wat kom uit my hart,” sê Poni.

Die DA hoop dat met Poni se werwing die party vordering sal maak in Kaapstad se swart lokasies, veral in Khayelitsha, waar die ANC tot 95 % van die stemme kry.

Tot ‘n paar maande gelede Poni was ‘n lid van Julius Malema se EFF

Poni het gesê hy het besluit om by die DA aan te sluit omdat hy glo dat hy beleidmakers kan beïnvloed om die opstande uit te brei.

Abahlali baseMjondolo (ABM) se voorsitter Sbu Zikode was ook op die gesamentlike nuuskonferensie met Poni se oorlopery na die DA, ‘n besluit wat hy as “dapper” beskryf.

Die konsensus in die ABM-beweging wat op grondgryp, ongelykheid en armoede fokus, is om die DA te ondersteun.

Zikode het gesê: “Hierdie besluit kom nadat Abahlali die Demokratiese Alliansie noukeurig bekyk en met ander politieke partye vergelyk het.”

Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille het gesê die stad sal die beskikbaarheid van grond vir armes met ABM bespreek .

“Ons sal ook kommunikeer met Abahlali oor die planne wat ons het vir informele nedersettings, sodat hulle ons kan help om die ontwikkelingsplanne aan hul lede te kommunikeer, en ons sal ook die Marikanagrondbesetting bespreek. Dit sal ons doen na die verkiesing,” het De Lille gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.