Onrus in Limpopo en Oos-Kaap dag voor verkiesing

Deel op

sterkspruit2Diegene wat vir spesiale stemme geregistreer is, sal vandag landwyd voortgaan om te stem.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê die proses het to dusver hoofsaaklik sonder probleme verloop ten spyte van onrus op Lorainne en Malamulele in Limpopo en Sterkspruit in die Oos-Kaap.

In die Wes-Kaap het bykans 34.000 mense vir spesiale stemme geregistreer.

Die provinsiale kiesbeampte, Courtney Sampson, sê hulle maak gereed vir verkiesingsdag Woensdag.

Die Oos-Kaapse LUR vir plaaslike regering, Mlibo Qhoboshiyane, het sy kommer oor die hoë vlakke van intimidasie op Sterkspruit uitgespreek.

Inwoners, veral UDM-lede, eis ‘n alleenstaande munisipaliteit omdat hulle nie die Senqu Plaaslike Munisipaliteit bedien wil word nie.

‘n Skoolbiblioteek wat as stemlokaal gebruik sou word, is vroeër aan die brand gesteek terwyl winkels en banke in die sentrale sakegebied gesluit is. Die gebied het 76 stemlokale.

Qhoboshiyane het kiesers gevra om kalm te bly.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.