Swart aanvallers slaan witte in Levubu dood

Deel op

Levubu’n Wit inwoner van Levubu in Limpopo, Hannes Kelly (52) is dood nadat drie swart mans hom glo met ’n hamer en stokke aangeval het.

Kelly is ná die aanval vir dood agtergelaat. Hy het die Beauford-winkel, wat onder meer meel verkoop, besit.

Hy het twee dae lank met ernstige beserings in sy huis gelê sonder hulp. ’n Vriend het eers Saterdag op hom afgekom.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die drie swartes het gevlug met R20 000 wat hulle uit die kluis gesteel het.

Die erg beseerde Kelly se selfoon is glo ook gesteel sodat hy nie hulp kon ontbied nie.

Kelly het een van die aanvallers herken en beskryf voor hy dood is. Die swarte werk glo in die omgewing.

Kerlly is weens inwendige bloeding en bloeding op die brein gehad Sondag oorlede.

Boere in die omgewing het gesê hy het nie aan ’n plaaswag behoort nie.

Otto het gesê ’n polisietaakspan ondersoek die aanval. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.