Burgemeester verbied ‘haatfees’

Deel op
Louis gee die quenelle
Louis, middel, gee die quenelle-saluut

Organiseerders van die Europese Dissidente Kongress sê hul byeenkoms gaan voort nadat die burgemeester van Anderlecht in Brussel dit Sondag verbied het.

Regse persoonlikhede soos die Franse komediant Dieudonne en Alain Soral, sal daar optree

Die besluit kom nadat dit deur Joodse groepe bestempel is as ‘n “anti-Joodse haatfees”.

Die burgemeester het ook alle straatbyeenkomste verbied omdat dit die openbare orde glo sal versteur. Anderlecht se burgemeester Eric Tomas het gesê die verbod sal die orde verseker.

Die Franse komediant Dieudonne M’bala M’bala is reeds vir anti-Semitisme, xenofobie en aanhitsing tot rassehaat in Frankryk voor stok gekry omdat hy die Holocaust bevraagteken het.

Die byeenkoms is ‘n platform vir skrywers, teoretici en propagandiste wat kritiek teen Jode uitspreek.

Die Simon Wiesenthal Sentrum vir holocaust-studies en menseregte is bankvas agter die oproepe vir ‘n verbod.

Die leier van “Debout Les Belges!” ( Staan op, Belge ! ) die regse parlementslid Laurent Louis, het gesê dat die byeenkoms ten spyte van die verbod sal voortgaan.

“Ons gaste het bevestig dat hulle sal kom, en in elk geval – verbod of geen verbod – jy kan hulle ontmoet en ‘n onvergeetlike dag hê,” Louis het op sy Facebook-blad gesê.

Louis het ook gesê die genooides is uitsoekgaste en die dag sal stemmig en rustig verloop.

Die Franse komediant Dieudonne se gebruik van die “quenelle” het tot hewige kritiek gelei. Baie beskou dit as ‘n anti-Semitiese gebaar wat herinner aan ‘n omgekeerde Nazi-saluut.

Op sy Facebook-blad het Laurent Louis gesê dit is belaglik dat sy beweging waaraan talle Arabiere ook deelneem, gesien word as anti-Semities bloot omdat sy lede Dieudonne se handelsmerk “quenelle” aangeneem het.

Vroeër vanjaar is die Franse sokkerspeler Nicolas Anelka beboet en verbied deur die Sokkerassosiasie (FA) vir die gebruik van die gebaar tydens ‘n televisie-wedstryd.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.