Inkbessie wis helfte van kudde uit

Deel op

inkberry1‘n Stoetbul en 10 ander beeste waaronder ook dragtige koeie, het die naweek op ‘n plaas buite Bloemfontein gevrek nadat hulle vermoedelik inkbessiebos gevreet het.

Landbou-organisasies het voorheen gewaarsku dat die inkbessie besig is om Suid-Afrika se natuurlike weiveld te verwoes.

Die plant is inheems aan Suid-Amerika en is na Suid-Afrika gebring as immergroen ornamentele struike, heinings en windbreke. Inkbessies het vanuit tuine versprei en groei nou wild in KwaZulu-Natal veral in die Chase Vallei naby Pietermaritzburg waar uitbreke van vergiftiging elke nou en dan in beeste voorkom.

In die Oos-Kaap kom die plant ook baie voor en word ook gevind langs die Vaalrivier by Parys. Dit word deur voëls wat die bessies vreet versprei.

Danie Nieuwenhuizen se beeste het klaarblyklik van die inkbessiebos (Cestrum laevigatum), wat die lewer en longe aantas, ingekry.

Nieuwenhuizen, ‘n deeltydse boer, sê die helfte van sy kudde wat hy teen sowat R200 000 aangekoop het, is nou vrek.

Die karkasse wat tans opgeblaas in die veld lê, sal deur die munisipaliteit verwyder word.

Die beeste was in goeie kondisie en spekvet en net reg om in Junie terug na die Boshof-plaas te gaan waar hulle voorheen was.

Nieuwenhuizen het hulle vroeër geskuif na Bloemfontein weens die die droogte.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.