Albert Nothnagel oor Afrikaners

Albert Nothnagel, wat baie trots is op sy ontmoeting met Mandela in 1992 terwyl hy ambassadeur in Nederland was
Albert Nothnagel, wat baie trots is op sy ontmoeting met Mandela in 1992 terwyl hy ambassadeur in Nederland was

deur Leon Lemmer

In Die Burger (3 deser, p 11) is ‘n brief van Albert Nothnagel van Mosselbaai gepubliseer, wat ek hier onder volledig aanhaal. Dit is moontlik dieselfde Albert Nothnagel wat ‘n parlementslid vir die Nasionale Party (1974-1989) was en daarna die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland (1990-1995) was. Hy het hom voorheen by die ANC geskaar en was sterk teen Tony Leon se DA gekant. Nou het hy al weer sy deuntjie verander. Op die internet is daar meer inligting oor hierdie persoon, bv dat hy ‘n “white child of black Africa” is.

Hierdie brief word aangehaal met die oog op kommentaar, veral vanweë die verregaande radikaliteit daarvan, wat verreikende implikasies vir die deursnee Praag-leser het. Op die minste sal sulke Praag-lesers verplig voel om hulle van die WAT-redaksie te distansieer. Volgens die WAT is dit rassisties om die woord “Afrikaner” tot wit Afrikaners te beperk. Wat volgens die WAT toelaatbaar is, is om almal met Afrikaans as huistaal (dus wit, bruin en swart) Afrikaners te noem, asook almal wat in Afrika gebore is. Die WAT-redaksie behoort te weet dat laasgenoemdes eerder Afrikane as Afrikaners genoem word. Onderliggende aan die WAT se woordverklarings is die sug na rasse-integrasie, of ten minste die ontkenning van etniese en kulturele verskille.

Hier volg Albert Nothnagel se volledige brief:

“Enigeen wat hom vandag beywer vir die regte van wit Afrikaners, in groepsverband, sit steeds in die ou moeras van rassisme vas.

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT-CD-ROM) praat van drie soorte Afrikaners: 1. Afrikaner: (rassisties; verouderd) wit Afrikaner. 2. Afrikaner: iemand met Afrikaans as huistaal. 3. Afrikaner: Iemand wat in Afrika gebore is.

Bowendien noem ons ‘wittes’ onsself mos al sedert uniewording ook ‘Suid-Afrikaners’. Saam met al ons bruin, swart en Indiër-medeburgers is ons almal dus lankal Afrikaners (mense van die suide). Op sy beste is wit Afrikaners wat hulself vandag nog eksklusief Afrikaners noem, outyds en op sy akkuraatste rassisties.

Wanneer die VF Plus ‘rassisme’ beveg, is dit ideologies en ingevolge die Grondwet goed. Wanneer hy egter vra vir steun van Afrikaners, bedoelende die ‘minderheidsgroep’, dwaal hy steeds. Van die ANC met sy rassisme praat ‘n mens nie eens nie. Vir my lyk die DA die verteenwoordigendste.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.