Druk laai op teen stakende Amcu-lede

Deel op

amcu2Druk is besig om op te laai teen die stakende Amcu-lede in die platinumbedryf.

Die mynwerkersvakbond, die NUM het die regering se versoek ondersteun om die stakende werkers in die platinumbedryf te vra om na hul werk terug te keer.

President Jacob Zuma en die minister van arbeid, Mildred Oliphant het vroeër ‘n beroep op Amcu gedoen om die staking te beëindig.

Amcu-lede staak al die afgelope drie maande. Die adjunk-president van die NUM, Thamsanqa Matosa sê die stakers wil die ekonomie vernietig.

Matosa sê die NUM het mynmaatskappye versoek om werkers te beskerm wat wil teruggaan werk toe. Hy sê NUM-lede wat werk, word ook geïntimideer.

Intussen het die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi ‘n vraagteken oor eenheid in die drie-party alliansie in die aanloop tot die verkiesing geplaas.

Vavi en adjunk-president Kgalema Mothlanthe was hoofsprekers by die Werkersdagvieringe in Port Elizabeth.

Vavi het gesê die alliansie lyk goed op papier maar ‘n ware alliansie is een waarin mense saamwerk en met mekaar oorleg pleeg.

Hy het gesê niemand behoort in ‘n alliansie gemarginaliseerd te voel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.