Drie SA-soldate gewond in DRK

Deel op

sanwdrkDrie Suid-Afrikaanse weermaglede is tydens ‘n aanval in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo gewond. Een verkeer in ‘n ernstige toestand.

Die twee anders sterk goed aan in ‘n hospitaal in Goma, volgens die SANW

‘n Woordvoerder van die departement van verdediging, Jaco Theunissen, sê een van die gewapende rebellegroepe in die DRK het in die vroeë oggendure ‘n Suid-Afrikaanse basis aangeval. Die soldaat wie se beserings as ernstig beskryf is, is stabiel.

Nog ‘n soldaat is deur skrapnel getref en ‘n derde soldaat het sy enkel in die skermutseling geswik.

Daar word geglo dat die rebelle gekoppel is aan die Mai Mai.

Die drie soldate is gewond in Nyabondo sowat 70 km noord van Goma in die oorloggeteisterde provinsie Noord-Kivu.

Die drie is deel van ‘n ontplooiing van 3000 soldate van Suid-Afrika, Malawi en Tanzanië, wat deel uitmaak van die VN-stabiliseringsending in die Kongo.

‘n Honderd Suid-Afrikaanse soldate uit ‘n 1000 in die DRK is by die Nyabondo-basis ontplooi, het kaptein Theunissen gesê.

Theunissen sê die soldate is aangeval deur ‘n geskatte 4500 rebelle in hul basis.

‘n Militêre kenner blameer die aanval op die Alliansie vir ‘n vrye en soewereine Kongo.

“Daar word geglo dit is Mai Mai. Hulle kom van Uganda na die DRK, want M23 ​​is onlangs verslaan,” het hy gesê.

Die alliansie bestaan vermoedelik ​​uit sowat 500 man, byna uitsluitlik lede van die Hunde-stam .

Die groep is betrokke in gewelddadige en uitgerekte grondgeskille met die Tutsi’s in Noord- Kivu.

Die Mai Mai is oënskynlik gevorm om die inval van Rwandese magte en geaffilieerde Kongolese rebellegroepe te weerstaan​​, maar daar word vermoed dat die groep spanning in die oostelike streek van die DRK uitbuit tot sy eie voordeel.

Theunissen het gesê die SANW het uitstekende werk gedoen in ‘n skoonmaakoperasie ná die aanval.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.