Verkiesing 2014 skop af

Deel op

voteDie verkiesingswiele het vanoggend amptelik begin rol toe Suid-Afrikaners in die buiteland hul kruisies kon trek, het RSG berig.

Die sowat 26.000 geregistreerde kiesers in die buiteland kan slegs aan die nasionale verkiesing deelneem en kan nie vir verteenwoordigers op provinsiale vlak stem nie.

Die meeste stemgeregtigde Suid-Afrikaners is in Londen, terwyl duisende kiesers ook in Afrika-lande woon en werk. In Nieu Seeland is die eerste kruisies in die Suid-Afrikaanse verkiesing getrek, terwyl Suid-Afrikaners in Amerika later vandag na die stembus sal gaan.

Slegs nege uit meer as 300 Suid-Afrikaners in Lesotho kon vandag hulle kruisies trek. Die adjunk-hoë kommissaris in Maseru, Sello Jele, sê gedurende die registrasieproses is meer as 300 mense geregistreer, maar slegs nege van hulle is goedgekeur om spesiale stemme uit te bring vir die komende algemene verkiesing.

Hy sê hulle was verbaas om dit te verneem. Hy sê van die redes is ongeldige identiteitsdokumente en die VEC-10-vorms wat voltooi moet word en wat nie betyds ontvang is nie.

In Swaziland verloop die stemmery vlot by die Hoë Kommissariaat in Mbabane. Die OVK se voorsittende beampte by die Kommissariaat,

Arron Themba sê kiesers kom drupsgewys aan en hulle hoop dat meer mense deur die dag sal opdaag. Meer as 70 Suid-Afrikaners in Swaziland het vir die verkiesing geregistreer. Stembusse sluit om negeuur.

In Kenia is Suid-Afrikaners besig om hul kruisies te trek by die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissariaat in Nairobi.

Talle kiesers het reeds vroegoggend opgedaag om te stem vir die komende verkiesing Woesdag in Suid-Afrika.

Die Hoë Kommissaris in Kenia, Ratubatsi Moloi sê hulle verwag dat al 156 geregistreerde kiesers, wat oor ‘n wye gebied in Kenia woon, vandag na Nairobi sal reis om te stem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.