Soweto kry nog ‘n hospitaal van een miljard rand

Deel op
Die Zola Jabulani-hospitaal
Die Zola Jabulani-hospitaal

RSG berig dat die Zola Jabulani Hospital in Soweto vandag eindelik sy deure open nadat die voltooiing van die hospitaal vir ses jaar vertraag is. Die distrikshospitaal met 300 beddens sal na verwagting druk verlig op die besige Chris Hani Baragwanath Hospitaal wat pasiënte van oral kry. Die Departement van Gesondheid het agt jaar gelede 600-miljoen rand vir die bou van die Zola Jabulani Hospitaal begroot, maar daar word beweer dat kostes tot meer as ‘n miljard rand gestyg het. Die Gautengse regering sê egter die kostes beloop 730-miljoen rand. Die hospitaal sal hoofsaaklik diens lewer aan die gemeenskappe van Soweto, insluitende Dobsonville, Meadowlands, Zola, Jabulani en Protea.

Die hospitaal is ongeveer ses jaar laat aangesien die aanvanklike openingsdatum Maart 2008 was. Daar was egter oponthoud weens wanbestuur, tenderonreëlmatighede en begrotingsoorskrydings.

Die oorspronklike tender van R336m is in 2006 aan ‘n gesamentlike onderneming van iLima Projects, Motheo Construction Group, Yikusasa Building Contractors and TTR General Building Construction toegeken.

Motheo, Yikusasa and TTR het agterna die consortium verlaat, wat beteken het dat die projek in duie gestort het. iLima het agterna ‘n tweede kontrak in 2007 ontvang, maar dit is gekanselleer toe dit aan die lig gekom het dat die firma die tender sonder ‘n geldige belastingsklaring ontvang het. Die kontrak is daarna in 2009 aan Maziya General Services toegeken.

Op daardie stadium het die kostes met omtrent 40 persent to R480m gestyg.

‘n Verdoemende verslag van die ouditeur-generaal Terence Mombembe het verlede jaar in Mei 2012 bevind dat die provinsiale departemente van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling kontrakteurs aangstel het wat nóg oor die kwalifikasies nóg die bevoegdheid beskik het om hospitale te bou, iets wat tot miljoene rande se verliese gelei het.

Nombembe het bevind dat die begrote koste vir die bou van die hospitaal in 2012 tot R624,4m toegeneem het.

Die hospitaal beskik oor 100 ambulanse, waaronder 40 wat van hoësorgtoerusting voorsien is en aan swanger vroue toegewys is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.