SADOU veroordeel lede wat poste koop

sadtuCity Press het vroeër berig dat SADOU-amptenare senior onderwysposte in KwaZulu-Natal, Noordwes en Limpopo aan onderwysers verkoop.

Dié koerant beweer dat sommige van lede van die onderwysvakbond betrokke is by ‘n geldmaakskandaal rakende poste.

Die onderwysersvakbond SADOU het gevra dat enigeen wat oor inligting na vore kom. Hulle het die korrupsie sterk veroordeel.

Blykbaar word poste teen ‘n bedrag van minstens R30.000 “gekoop” en die geld is vooraf is betaalbaar om die pos te verseker.

Volgens die berig het die geldfoefie reeds gelei tot talle onwettige aanstellings regoor die land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.