Polisie onderdruk geweld suid van Johannesburg

Deel op

violentprotestDie polisie het oproeriges in Finetown naby Ennerdale, suid van Johannesburg, met rubberkoeëls uiteengejaag.

Motoriste is gevra om die gebied te vermy weens die geweld, veral by Jamesweg en Provincialweg.

Die polisie het op oproermakers naby die Indiërwoonbuurt Lenasia geskiet nadat hulle paaie versper en motoriste met klippe bestook het.

Gewelddadige swart inwoners het polisiebeamptes ook met bakstene gegooi en ‘n beampte is beseer in die oproer.

Hy is na die hospitaal vir behandeling geneem.

Die rede vir die protesoptrede is nie bekend nie.

Ennerdale het ‘n lang geskiedenis van gewelddadige opstand wat reeds vanaf 2006 woed.

Die gebied kan nie ontwikkel word nie omdat die grond onstabiel is weens dolomitiese klei en oorhoofse elektriese kraglyne, maar die plakkers wil nie na rede luister nie

Chaos is deel van gemeenskap wat voorheen die veeldoelige gemeenskapsentrum en plaaslike kliniek onder klippe gesteek het en kort-kort motors en sakeondernemings aan die brand steek.

‘n Plaaslike regeringsamptenaar is ook voorheen in die hospitaal opgeneem nadat hy ernstige beserings in die geweld opgedoen het.

ANC-amptenare vermy die gebied weens die dreigemente teen hulle.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.