Masjiengewere en 4×4-bakkies

 

Darth Vader

Sokrates de Wet

14:53:39 Ek het Jacob Zuma se reaksie so ʼn tyd terug geniet gedurende die xenofobiese aanvalle, en veral toe die man so briesend was toe die geweldenaars sy “temalied” sing terwyl hulle die onwettige immigrante verjaag het.  “Umshini wami”, oftewel, “Bring my my masjiengeweer” is die lied wat ons liewe presidentskandidaat so warm om die kiewe het.

 

Die feit dat hy die betrokke lied so gereeld sing en neurie, en ook as sy temalied beskou, is na my mening dalk ‘n musikale waarskuwing aan die land se blankes dat ons dae getel is as hy eers aan die bewind sou kom. Al sy mooi woorde en beloftes ten spyt. Ek dink dat die land se boere na wie hy so mooitjies uitgereik het dalk eerste in die tou sal staan as die man sy werklike innerlike wens kan laat gebeur.

Nou sit ek net en wonder, waarom ‘n masjiengeweer, hoekom nie net ‘n geweer, pistool of rewolwer nie? Al drie tipes wapens kan ewe goed doodmaak, of is dit die mag en aansien, die gesag wat mens in jou hande het as jy so ʼn item oor jou skouer haak aan ‘n khakigroen band.

Die lied waarin Zuma vra dat iemand sy masjiengeweer moet bring, is niks anders as bedekte haatspraak nie. In watter wetgewing vandag word die gewone burger van die land toegelaat om ‘n masjiengeweer te besit?

Wat sou die man se eerste keuse van moordwapen wees, ‘n AK47-aanvalsgeweer, ‘n Dragunof-sluipskuttersgeweer. Mens kan net daaroor spekuleer. Dit sal seker die tipe wees waarmee die persoon die beste vertroud is. Dalk selfs ‘n R1, of R4, wat deesdae algemeen deur die weermag, polisie en misdadigers ewe effektief aangewend word.

Verder wil dit ook blyk dat die gemiddelde krimineel meer en beter toegang het tot die arsenale in die land se militêre basisse as die mense wat veronderstel is om die plekke te bewaak.

Boonop wil dit voorkom asof die misdadigers meer sukses het as dit kom by raakskiet as wat die weermag het. Of selfs die polisie. Wel, die klomp kry op ʼn daaglikse basis oefening hierin, moet mens toegee.

In die huidige korrupte stelsel van uitreiking van wapenlisensies word selfs die wetsgehoorsame burger nie eers meer toegelaat om soos in die verlede maklik ‘n wapen te bekom nie.

O ja, die metodes is daar, maar teen sulke hoë pryse dat meeste van ons dit nie kan bekostig nie, en gevolglik word  wapens aan die regering ingehandig teen ʼn skrikwekkende spoed, net om daarvan ontslae te raak. Ja mense, die tyd wat die regering ons ontwapen is hier. Verder is die mense wat die lisensies moet uitreik so onbekwaam dat mens jou hande kan saamslaan as jou lisensie sonder enige foute by jou aankom.   

Wat die meeste inwoners van Afrika nie besef nie, is dat saam met mag en gesag kom verantwoordelikheid, en dis hier waar die oorgrote meerderheid van die inwoners van die kontinent tekortskiet.  Dit help niks as jy mense bewapen en hulle nie leer om lewe en reg te respekteer nie. As mens nie vir hulle iets gee om voor te stry nie. En nie sommer die onsinbegrip vryheid nie, want vryheid het ook verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan. Dit moet ‘n werklike geldige rede wees.

Soos in die film, “Blood diamonds”, waar kinders van 10 en 11 jaar oud gedwing word om “vryheidsvegters” te word. Vryheid van wat? Ouerlike gesag? Regeringsgesag? Vn wat wil hulle vry wees wat hulle so erg onderdruk?

Sover ek kon sien was die lewe wat die kinders in hulle huise gelei het wel arm, maar hulle het kanse gehad op onderwys, daar was maniere om graan te verbou, hoewel op klein skaal. Van die mans het visgevang.  Dit was oor die algemeen nie ‘n slegte lewe nie,  tot die rebelle die dorpie aan die begin van die film ingeval het en begin maai het onder die inwoners.  

Wat deesdae van die wapens word wat ingehandig word, is net op hoë vlakke bekend, want anders as in die verlede word die vernietiging daarvan nie meer op SAUK gebeeldsaai nie. So, ons kan maar net wonder.

Wat wel bekend is, is die paar gevalle waar korrupte swart polisiebeamptes die wapens wat deur eerlike Jan Publiek teruggegee word aan mede-inwoners van die land verhuur en verkoop, soos wat in die laaste paar maande al in die nuus openbaargemaak is.

En dis net ‘n klein deeltjie van die goed wat hier ter sprake is. Dit beteken dat daar in alle waarskynlikheid baie meer onwettige wapens in omtrek is as wat ons van weet. En baie van hulle was voorheen wettig gelisensieerde wapens in die naam van die voormalige eienaars.  

Vir al wat ons weet, word dit nie meer vernietig nie, maar in arsenale gestoor om later teen die blankes van die land gebruik te word. Want ‘n soldaat moet immers ‘n wapen hê, en daar is al die MK-lede wat nou al begin brom oor grondhervorming wat te stadig na hulle sin gebeur.

Wat is hulle plan, om eers ‘n Zimbabwe-tipe grondoorname van stapel te stuur, waarna hulle soos die res van Afrika sit en hande bak hou omdat hulle magies aan die ruggraat begin vassit as gevolg van honger ? En dit omdat die gehate mabunu nie meer daar is om die plase te kan verbou om aan lui mense kos te voorsien nie.

Dat daar al meer onverdraagsaamheid betoon word, is duidelik. En selfs Zuma se oproep tot verdraagsaamheid teenoor die mense wat die ANC-kaders skuiling en meer verskaf het gaan nie veel vrugte afwerp nie. Die volk is moeg, en ek praat nie eers van die blanke komponent van die volk nie.

Dit is ‘n geval van opgekropte woede teen die mabunu wat stadig begin borrel, eers weens belaglike redes soos buitelanders wat die werk kom steel, en later gaan dit kook, die deksel lig en dan ontplof. Dít wat tans as redes aangevoer word, is maar net ligte bedekkings vir die waarheid, soos ‘n ligte kombers wat mens aan die begin van die herfs oorgooi om die koue af te weer.

Mens kan net wonder oor hoekom Zuma so skielik hard praat met die mense wat dinge so omkrap. Daar kan verskeie redes wees. Maar een wat dalk nie slegte sin maak nie, is dat as dinge te ongeorden raak kan die buiteland wat sy koffers oopgooi vir die regering dalk net die fondse bietjie stadiger laat inkom.

Of selfs vir ‘n wyle staak, en dit kan ons liewe regering nie bekostig nie, nie nou waar hulle op die punt staan om uiteindelik die wit bose oorheersers totaal uit te roei nie. So, daar moet orde wees. ‘n Ordelike vernietiging van die vyand is meer effektief as wat ‘n ongeorganiseerde partytjie is.

En wat die aanvalle op die voormalige hulpverleners betref? Hulle is maar net nog ‘n paar slagoffers en lewe is baie goedkoop in Afrika, soos vele al reeds uitgevind het.

Die feit dat mense beweer dat hulle die oproer makers aan die polisie uitgewys het, beteken niks in dié land nie. In ‘n sisteem waar ‘n redelike deel van die polisie reeds skuldig bevind is aan misdade en vele ander ondersoek word, gaan daar nie veel gebeur nie. Want wanneer wolf as skaapwagter aangestel word, gaan die wolle waai.

En rondom verklikkers wat die waarheid praat, het ons ook al in die verlede die voorbeeld van Joe Mamasela gesien. Hy het openlik in die hof en elders gelieg en dit erken dat swart mense geneig is om te lieg!

Vandag sit Eugene de Kok lewenslank in C-Max-gevangenis as gevolg van leuens van die man. So, ek glo nie dat die verklikkers enigsins betroubaar sou wees nie.

Daar is egter die anderkant van die saak ook. Indien blankes betrokke sou wees, sou die polisie nie vinnig genoeg die rondtes doen en die sondebokke bymekaar maak nie, maar dit druis in teen die gemiddelde swart mens om sy eie volksgenoot so te vervolg

Rondom Zuma se stelling dat die mense wat die geweld propageer terwyl hulle die ANC se lied sing, vervolg moet word wil ek net vir hom vra: in watter droomland sien hy dat dit gaan gebeur?

Toe ek die stuk op die nuus klaargelees het, vang ek myself ‘n wysie neurie: “Gee my ‘n 4 by 4-bakkie, en ‘n baie lang tou…” Elkeen het mos sy liedjie, nie waar nie?

форма 86топкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.