Dokters Sonder Grense in SAR aangeval, drie gedood

Deel op

msfMSF, oftewel Dokters Sonder Grense, se hoof Stefano Argenziano sê sy organisasie sal hul teenwoordigheid in die Sentraal-Afrikaanse Republiek heroorweeg nadat drie van hul personeellede doodgemaak is.

Argenziano het gepraat na aanleiding van die aanval in Boguila waarin minstens 22 mense, onder wie drie lede van die organisasie MSF, in ‘n aanval deur gewapende mans op ‘n hospitaal in die Sentraal Afrikaanse Republiek dood is.

Sowat tweeduisend Franse en meer as vyfduisend Afrika-vredesmaglede sukkel om die geweld in die land wat al meer as 18 maande woed, onder beheer te kry.

Die Afrikageleide MISCA-vredesmag het ook die aanval bevestig.

Volgens ‘n leëroffisier het drie gewapende aanvallers die gebou in die dorp bestorm waar die mediese liefdadigheidsgroep en plaaslike stamlede ‘n vergadering gehou het.

“Terwyl ons verbind bly tot die verskaffing van humanitêre hulp aan die gemeenskap, het ons ook die veiligheid van ons personeel om in ag te neem,” het Argenziano Maandag gesê.

Boguila is ‘n dorp naby die grens met Tsjad , waar MSF sedert 2006 ingegrawe is.

MSF het aangekondig dat die aanvallers ten minste 16 burgerlikes vermoor het.

‘n Woordvoerder vir die Franse ministerie van buitelandse sake, het Maandag gesê dat die Franse regering “die dodelike aanval sterk veroordeel”.

In Maart 2013 het Seleka-rebelle die Christelike President Francois Bozizé omvergewerp.

Die VN se hoof Ban Ki-moon, het reeds ‘n passievolle pleidooi aan die strydende partye gelewer om ‘n nuwe volksmoord in Afrika, 20 jaar na Rwanda, te voorkom.

Na ‘n eenparige stemming vroeër hierdie maand deur die Veiligheidsraad, sal ‘n VN-mag van 12.000 in September oorneem van 2000 Franse en 6000 Afrika-vredesmaglede reeds in plek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.