Zuma vra dat godsdiensleiers uit politiek bly

Deel op
Holomisa hits Sterkspruit-inwoners aan
Holomisa hits Sterkspruit-inwoners aan

President Jacob Zuma het godsdiensleiers gevra om hulle te weerhou van politieke aangeleenthede.

Zuma het Suid-Afrikaners gevra om te bid vir ‘n vreedsame verkiesing op 7 Mei by ‘n interkerklike diens by die Goeie Hoop-sentrum in Kaapstad.

Die EFF-leier Julius Malema het op sy beurt by ‘n verkiesingsaamtrek by Kwaggafontein in Mpumalanga swartes aangehits om grond terug te eis wat hulle sogenaamd onder die koloniale- en apartheidsbewind verloor het.

Malema se oproep kom nadat die Front Nasionaal die grootste wit grondeis ingedien het teen swart besetting.

Malema het na wittes wat die grond “gevat” het as “die vyand” verwys, maar bygevoeg dat “versoening” moontlik is as wittes swart aansprake aanvaar.

Malema het ook gesê dat hy nie in ‘n oorlog met president Jacob Zuma betrokke wil raak nie, maar dat Zuma in die pad staan van hul veldtog om die grond terug te kry.

Zoeloe-ondersteuners van die ANC het die EFF egter gekoggel oor hul onrealistiese grongrypdrome en gesê as wit bates genasionaliseer word sal geen enkele EFF-ondersteuner ‘n sent daarvan sien nie.

Die EFF se grondgrypaanslag is die breinkind van die wit Joodse aktivis Kim Heller.

Malema sal Dinsdag ‘n EFF-optog na die SAUK in Johannesburg lei oor die verbod op die party se verkiesingsadvertensie.

Okasa het die naweek ten gunste van die SAUK beslis oor sy besluit om nie die advertensie uit te saai nie.

Die komitee het beslis dat die advertensie onwettige optrede kan aanmoedig, omdat daarin gesê word dat mense fisies die e-tolpoorte moet afbreek.

Intussen sal die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Pansy Tlakula, haarself vandag in die Verkiesingshof moet verdedig, na bewerings van ongerymdhede oor die huurkontrak van die OVK-hoofkantoor.

Tlakula is deur die UDM-leier, Bantu Holomisa, gevra om haar pos te ontruim.

Hy voer aan dat haar posisie die geloofwaardigheid van die kommissie en die vertroue van die publiek in die uitslag van die verkiesings, in die gedrang kan bring.

Die oproep om haar uitrede sal na verwagting nie veel oplewer nie, aangesien talle swart kiesers dit as nog ‘n anti-Zoeloe-front beskou.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, sal Dinsdag die interministeriële komitee lei na konflikbrandpunte in die Oos-Kaap waarby Holomisa geïmpliseer word.

Die komitee wil bestendigheid verseker in probleemareas voor aanstaande week se verkiesings.

Sterkspruit in die noorde van die provinsie is een van die plekke waar Holomisa inwoners aanhits om nie deel te wees van die Senqu-munisipaliteit nie.

Die munisipaliteit gee volgens die inwoners voorkeur aan ontwikkelings op Barkly-Oos en Lady Grey. Die UDM het inwoners belowe dat hy hulle eise na die Grondwethof sal neem.

Holomisa het inwoners ook belowe dat hulle geen regskoste vir die eise sal hoef te betaal nie. Dit is nie seker wie die koste sal dra nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.