Eskom op besoek aan vernaamste Europese hoofstede

Deel op

Uitvoerende bestuurslede van Eskom het hul mees gedetailleerde herstelplan tot op hede op 'n besoek aan Europese finansiële hoofstede uiteengesit.

Deel op

Die toer het verlede week geëindig. Eskom het met banke, kredietgraderingsagentskappe en maatskappy wat in Suid-Afrika belê, gepraat.

Hulle wou ook 'n gedeelte van die R350 miljard wat nodig is om nuwe kragstasies te finansier, bekom.

Dreigemente deur Cosatu en die stygende koste van steenkool en diesel dreig om die nutsmaatskappy in jaarlikse verliese te dompel nog voordat hy met sy kapitaalbestedingsprogram begin.

Suid-Afrika loop tans met 'n gevaarlike klein elektrisiteitsreserwe en na verwagting gaan dit tot 2012 aanhou.

Die duur van die kragkrisis hang gedeeltelik af van hoe vinnig Eskom internasionale finansiering kan bekom.

Die Eskom-bestuurspan sê dat kredietgraderingsagentskappe nou die sentrale belang van Eskom vir die Suid-Afrikaanse ekonomie na hul tog begryp.

справки купитьДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.