Infrarooi by lughawens teen ebola, voëlgriep

Deel op

ebola-disease1Die Gautengse departement van Gesondheid gaan lughawens voortdurend monitor om te voorkom dat passasiers met aansteeklike siektes die land binnekom, het RSG berig.

Die LUR van Gesondheid, Hope Papo sê klinieke is geopen op die O R Tambo Internasionale Lughawe en die Lanseria Lughawe om gevaarlike virusinfeksies te voorkom.

Dit sluit alle hemorragiese virussiektes asook voëlgriep in.

Twee dokters, 14 verpleegkundiges en drie administratiewe personeellede is verantwoordelik vir die klinieke en om passasiers vanaf die buiteland te monitor.

Infrarooi-skandeerders is ook op die lughawens aangebring om reisigers met hoë liggaamstemperature te identifiseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.