SAKP vereer Hani met optog in Kaapstad

Deel op
Zille en Maimane
Zille en Maimane

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty gaan vandag ‘n massaoptog hou na die Wes-Kaapse wetgewer omdat die provinsiale regering na bewering nie vir armes omgee nie, het RSG berig.

Die SAKP se Wes-Kaapse woordvoerder, Masonwabe Sokoyi sê die party vereer die nalentskap van die ANC-stryder, Chris Hani, maar die res van die provinsie doen dit nie.

Hy sê armes word steeds onderwerp aan die beleid wat kolonialisme en apartheid onderskryf.

Sokoyi sê die massaoptog gaan daarom gehou word om aan premier Helen Zille te sê dat sy die afgelope vyf jaar in die provinsie misluk het, en haar moet gereed maak om na 7 Mei haar kantoor te ontruim.

Die DA-leier Helen Zille het intussen gesê dat ‘n DA-oorwinning in die Wes-Kaap nie seker is nie.

Volgens ‘n afskrif van haar toespraak by Groentemarkplein, in Kaapstad, nie dit seker dat die DA sal wen in die Wes-Kaap of Gauteng nie.

Die provinsie spog met die hoogste misdaadsyfer in die land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.