Kortbroek waarsku boere oor grondreferendum

Deel op

vmDie Boere-Afrikanervolksraad het ten sterkste beswaar gemaak “teen die misbruik van die Voortrekkermonument vir die ANC-politieke doeleindes onder leiding van die ANC se Cyril Ramaphosa”, nadat die ANC boere by die monument toegespreek het.

Nie Ramaphosa of Roelf Meyer het egter opgedaag nie en president Zuma self het by die vergadering gepraat.

Zuma het egter die taak om op grondkwessies te reageer gedelegeer aan die minister van Toerisme, Marthinus van Schalkwyk.

Van Schalkwyk, beter bekend as Kortbroek, was bereid om die gehoor in sy vertroue te neem en het laat deurskemer dat die ANC die moontlikheid van radikale grondhervorming bespreek het, en moontlik selfs ‘n referendum oor die aangeleentheid.

Maar om die kwessie aan ‘n stemmery te onderwerp is iets wat die party eenvoudig nie kon waag nie, het hy gesê.

“Wat dink jy sal gebeur as ons ‘n referendum oor grond hou? Hoe dink jy sal die meerderheid stem? Ek dink ons almal weet wat die antwoord is,” het Van Schalkwyk gesê, met instemmende knikke van sy gehoor.

En met dié, het die ANC ander opsies oorweeg, soos om die grondeiseproses onbepaald te heropen, te heropen tot 2020 of dit te heropen vir die volgende vyf jaar, het hy gesê.

“Ons het besluit op die heropening van die proses vir ‘n verdere vyf jaar,” het die minister gesê.

Adjunk-president Kgalema Motlanthe het intussen in Londen aangekom nadat die ANC met Afrikaners ontmoet het by die Voortrekkermonument.

Motlanthe is in die Britse hoofstad ter viering van Vryheidsdag op die 27ste April, by die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissariaat.

Samesprekings is ook gevoer oor die noodsaaklikheid om bilaterale betrekkinge tussen Suid-Afrika en Brittanje te versterk na die ANC se ontmoeting met Afrikaners.

Motlanthe het gesê dit is “vanselfsprekend” dat die Britse nasie saam met Suid-Afrika sy demokrasie vier.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.