Veiligheidsraad dreig Suid-Soedan met sanksies

Deel op

lykeDie Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oorweeg sanksies teen Suid-Soedan.

Die Veiligheidsraad het dié skerp waarskuwing gerig na die massaslagting verlede week in Bentiu toe rebellemagte honderde burgerlikes vermoor het nadat hul etnisiteit of nasionaliteit glo eers vasgestel is.

Die Veiligheidsraad sal ondersoek instel na sanksies indien aanvalle op burgerlikes en buitelanders in die land voortduur.

Dié verwikkling kom nadat president Salva Kirr, en die voormalige adjunkpresident Riek Machar asook ander politieke leiers, ‘n ooreenkoms, om vyandelikhede te staak, geïgnoreer het.

Die Veiligheidsraad eis dat die land se leierskap diegene aanspreeklik hou wat vir die konflik verantwoordelik is.

Die ooreenkoms is in Januarie onderteken.

Burgerlikes is intussen vermoor in sogenaamde plekke van veiligheid soos kerke, hospitale en moskees waar hulle skuiling gesoek het.

Die magstryd tussen president Kiir en sy voormalige adjunk, Machar, het tot die etniese botsings tussen die Dinka- en Nuer-stamme gelei.

Die Veiligheidsraad het ook ‘n aanval op ‘n VN-vesting in die dorp Bor veroordeel waar talle mense omgekom het of beseer is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.