ANC-kantoor in Marikana afgebrand

Deel op

fireBrandstigters het Donderdag ‘n klein kantoor van die regerende ANC in Marikana aan die brand gesteek, waar waar 34 stakende mynwerkers in 2012 doodgeskiet is, het die polisie gesê.

 

“Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting,” het die polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabona aan Sapa gesê.

“Die gebou is na berig word gebruik as ‘n kantoor vir ‘n politieke party,” het hy bygevoeg .

Die ANC het bevestig dat sy kantoor in die Nkaneng-lokasie afgebrand is.

Geen beserings is aangemeld nie en geen arrestasies is nog gemaak nie.

In minder as twee weke sal Suid-Afrikaners hulself na die stembusse wend waar president Jacob Zuma in alle waarskynlikheid vir ‘n tweede termyn herkies sal word.

Marikana is die tuiste vir sommige van die meer as 80.000 platinummynwerkers wat reeds drie maande ‘n staking volhou in hul eis vir hoër lone.

Die werkers is honger en desperaat en die ekonomie van Rustenburg word lamgelê deur die staking, maar die samesprekinge tussen die stakers en die mynbestuur het Donderdag op niks uitgeloop nie.

Die meeste werkers behoort aan die radikale Amcu wat die ANC-gesinde vakbond NUM uitgedruk het as die dominante unie.

Die nuwe linkse EFF-party van die populistiese Julius Malema geniet aansienlike steun in Marikana.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.