Geen ooreenkoms tussen Amcu en platinumbedryf

Deel op

platinumAnglo Platinum, Impala Platinum en Lonmin en verteenwoordigers van die vakbond Amcu kon nie ‘n hul verskille oor salarisverhogins oplos nie.

Na die derde vergadering tussen die mynmaatskappye en Amcu is geen ooreenkoms bereik nie.

Amcu het die werkgewers se aanbod verwerp om salarisse oor ‘n tydperk van 5 jaar tot R12.500 te verhoog deur byvoordele en toelaes met verdrag aan te pas.

Die staking die platinumbedryf duur al sedert Januarie.

Die staking het die drie maatskappye en die mynwerkers na beraming sowat R21 miljard aan verlore inkomste en salarisse gekos.

Die maatskappye het Donderdagaand ‘n einde aan die samesprekings gemaak nadat geen ooreekoms bereik kon word nie.

Die platinumbedryf se onderhandelaars het Amcu-leiers aangeraai om hul lede te oorreed om die aanbod te aanvaar.

Hulle het aangedui dat hulle self die werkers sal probeer oorreed om die aanbod te aanvaar.

Anglo American se tussentydse bestuursverklaring vir die Maart-kwartaal toon verhoogde produksie in al sy mynbedrywighede, behalwe vir platinum, waar die produksie is erg geraak deur word die staking.

In die verklaring wat Donderdag uitgereik is, sê Anglo American platinumproduksie het gedaal met 39% tot 357,000 onse.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.