Paaie sluit weens oproer by Randfontein, Westonaria

burningtyresGewelddadige oproer het Woensdag daartoe gelei dat die R28 tussen Uncle Harry’s en Randfonteinweg gesluit moes word. Motoriste is gewaarsku om die gebied te vermy.

Die polisie het die R28 tussen die R41 en Randfonteinweg vir verkeer gesluit nadat pogings om geweld te bekamp nie geslaag het nie.

Die oproer in Randfontein en Brandvlei het later Woensdag egter weens reën wat uitgesak het, bedaar en die pad is weer oopgestel.

Oproerige inwoners het die paaie met brandende bande afgesper en verbygaande voertuie met klippe bestook.

Die Randfontein Herald het ook berig dat ‘n vragmotor aan die brand gesteek is deur die oproeriges.

Die polisie moes van rubberkoeëls gebruikmaak en talle mense is vir openbare geweld in hegtenis geneem.

Volgend die Herald is ‘n gesin deur die oproermakers in hul huis naby die Brandvleikruising vasgekeer, terwyl gewelddadige betogings buite beheer in die straat net meters weg gewoed het.

Die huiseienaar en sy gesin was glo vreesbevange. Hy het glo per teksboodskappe laat weet dat hulle wegkruip en buite sig bly. Daar was ook kinders en onderwysers in die huis vasgekeer.

Nadat die reën opgeklaar het, het die Herald verneem dat die gewelddadige oproer langs die R28 in Randfontein meer algemeen is as wat aanvanklik gemeen is.

Volgens berigte het die betogers chaos veroorsaak langs die R28 vanaf Uncle Harry’s tot sover as by Westonaria.

By die Brandvleikruising het die betogers ‘n vragmotor aan die brand gesteek en voertuie met klippe bestook ten spyte van pogings van die polisie om die oproeriges uitmekaar te jaag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.