Wit polisieman vandag begrawe te midde van vrae

Deel op

klapmuts2Die begrafnisdiens vir die wit polisieman van Klapmuts, Steven Britz, word vandag in Brackenfell buite Kaapstad gehou.

Adjudant-offisier Britz is verlede week doodgeskiet terwyl hy alleen aan diens was by die Klapmuts-polisiestasie.

Daar word vermoed dat sy aanvallers bewus was daarvan dat hy alleen op diens sou wees. Wapens, waaronder moontlik aanvalswapens, is ook uit die kluis van die stasie gesteel.

Die Nasionale Polisiekommissaris Ria Phiyega het Woensdag die moord op Britz by `n gedenkdiens skerp veroordeel en gesê daar is steeds baie onbeantwoorde vrae oor die aanval op die polisiestasie.

Een van die drie verdagtes, Luvuyo Ndevu, is ‘n speurder by die Klapmuts-polisiestasie.

‘n Span ondersoekers sal intussen die beweegredes vir die politieke moorde by Umshwathi buite Pietermaritzburg in die KwaZulu-Natalse Middelande probeer oopvlek.

Die Provinsiale Polisie-kommissaris, Mamonye Ngobeni, sê die ondersoek sal handel oor die onlangse moorde op twee ANC-vrywilligers en ander sake in dié gebied.

Ngobeni sê die skuldiges sal aan die pen ry. Sy het `n beroep op alle politieke partye gedoen om met die ondersoekspan saam te werk.

`n Openbare Orde-polisiespan sal intussen in die gebied ontplooi word om die omloop van onwettige vuurwapens te bekamp.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.