Straatboef Brennan besoek Kiëf in geheim

Deel op

 

john-brennanDie direkteur van die Amerikaanse CIA, John O. Brennan het onlangs in die geheim na die Oekraïne gereis.

Brennan se geheime besoek aan die Oekraïense hoofstad was om die opstand wat Oos-Oekraïne teister, te bespreek met die staatsgreepleiers, sy bondgenote.

Dit is gerapporteer deur verskeie Europese nuusagentskappe dat Brennan op 12 April in Kiëf aangeland het met ‘n diplomatieke paspoort onder ‘n vals identiteit. Die CIA self wou nie sy besoek bevestig of ontken nie.

Brennan het, na wat berig word, planne bespreek om pro-Russiese Oekraïners in die ooste met uiterste geweld uit te dryf.

Brennan en ander Amerikaanse regeringsamptenare is ook verantwoordelik vir die etiket “terroris” vir diegene wat na onafhanklikheid streef in die ooste van die land.

Dit is deel van ‘n groot Amerikaanse en Westerse propaganda-oorlog teen die oostelike Oekraïene en die Russiese regering.

Die intelligensie vir Brennan se geheime besoek aan Kiëf het glo hoofsaaklik gekom van staatsgreep-lojaliste sowel as die Oekraïense Kommunistiese Party wat nog steeds dien as lede van die Oekraïense parlement.

Dit is ook betekenisvol dat Brennan getroud is met Kathy Pokluda, van Tsjeggiese afkoms.

Brennan se bande met die Tsjeggiese Republiek se huidige leiers wat giftig anti-Russies is, kan ook verduidelik waarom hy so gretig is om spanning met Moskou aan te blaas.

Die voormalige Tseggiese president, Vaclac Klaus, egter, het sy ontsteltenis oor die VSA en Europa se inmenging teen Rusland se grens rugbaar gemaak.

Die Verenigde State en Brittanje noem die leiers van die gewelddadige opstand in Februarie “vryheidsvegters” en “pro-demokrasie kragte”.

Die Weste se “vryheidsvegters” het oudergewoonte ‘n aantal burgerlikes doodgeskiet sowel as polisiebeamptes in die hoop dat dit vyandighede sal skep wat op ‘n burgeroorlog sal uitloop. Dit sou die VSA se verskoning wees om “in te gryp”.

Die CIA, met behulp van George Soros se frontorganisasies en media reik aanmekaar die sogenaamde “talking points” oftewel besprekingspunte uit wat hul bedrywighede as bevorderlik vir die mense van die land uitbeeld. Niks kan verder van die waarheid wees nie.

Brennan se pro-Saoedi bande is ook welbekend. Hy het trouens voorheen die bynaam “Sjeik Brennan” verwerf. Hy het klaarblyklik geen kwellinge oor die ondemokratiese welstand van Saoedi-Arabië nie en ontferm homself slegs oor lande by Rusland se grens.

In reaksie op Brennan se teenwoordigheid in die Oekraïense hoofstad, het die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lawrof ‘n verduideliking van Washington geëis, maar nog geen antwoord ontvang nie.

Die CIA het ‘n lang geskiedenis van inmenging om hul gunstelinge aan die mag te kry, en vanaf sulke pionne se politieke opgang tot hul val gebeur niks toevallig nie.

Voorbeelde soos die diktator Mobutu Sese Seko, die Dominikaanse Republiek se Rafael Trujillo, Panamese diktator Manuel Noriega en Nicaragua se Anastasio Somoza is ‘n paar bekendes wat deurgeloop het onder hul hande.

Kiëf kan begin bekommer want die CIA raak gou moeg vir hul vriende. Die bogenoemdes is almal vinnig uit die samelewing verwyder toe hul nut opgeraak het.

Die Oekraïense Kommunistiese partylid, Vladimir Golub, het aan RIA Novosti vertel dat die geheimediens van sy land pas volledig ‘n eenheid van die CIA geword het.

Brennan, wat bekend is as ‘n “platvloerse straatboef” by sy kollegas, is nie die mees welkome figuur in die Oekraïne as die owerhede daar werklik uitsien na ‘n vreedsame uitkoms nie.

Die VSA het pas aangekondig dat hulle troepe na Oos-Europa gaan stuur, oënskynlik vir “oefeninge”, maar dit is duidelik dat die soldate eintlik bestem is vir die Oekraïne.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.