Marius Fransman gedagvaar om voor SKOOR te verskyn

Deel op
Marius Fransman
Marius Fransman

Die Wes-Kaapse ANC-leier, Marius Fransman, en ‘n voormalige
provinsiale minister van gesondheid is gedagvaar om voor die
provinsiale staande komitee oor openbare rekenings te verskyn.

NUUT!

Fransman en Pierre Uys moet by die Wes-Kaapse wetgewer voor SKOOR verskyn.

Dit hou verband met die ouditeur-generaal se verslag oor die gebruik
van konsultante wat terugdateer tot 2003.

Onreëlmatighede en wanbestuur van die publiek se geld tydens die
vorige ANC-administrasie word na bewering in die verslag uitgewys.

Fransman en Uys het nie Maart by ‘n SKOOR-vergadering opgedaag nie.

Indien hulle nie Woensdag opdaag nie, kan hulle in hegtenis geneem word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.