Nuwe skelmstreek met lenings

Deel op

randnoteFinansiële instellings het die publiek gewaarsku teen ‘n skelmstreek
wat lyk of dit wettig is en waar lenings per e-pos aangebied word, het
RSG berig.

Lenings word toegestaan in ruil vir aansoekers se persoonlike
inligting en versoeke vir ‘n vooruitbetaalde fooi om die lening te
kry.

Die hoof van kleinhandelkrediet by Sanlam sê geen finansiële
instelling van goeie naam sal ooit aan kliënte vra om iets te betaal
voordat ‘n lening toegestaan word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.