Derby-Lewis gaan om mediese parool aansoek doen

Clive Derby-Lewis
Deel op

Clive Derby-LewisClive Derby-Lewis, Suid-Afrika se oudste politieke gevangene gaan die week om mediese parool aansoek doen.

Derby-Lewis is met terminale longkanker gediagnoseer na ‘n tweede onlangse aanval op hom in die tronk waar hy in die long met ‘n glasskerf gesteek is.

Derby-Lewis se vrou, Gaye, het verlede week bekendgemaak dat haar man met die siekte gediagnoseer is.

Die departement van Korrektiewe Dienste het Dinsdag gesê sy toestand is onveranderd.

Die 78-jarige Derby-Lewis sal vir nog ‘n week in die hospitaal bly. Hy sal van aanstaande maand af chemoterapie en bestraling ontvang.

Derby-Lewis en Janusz Walus is lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op die hoofsekretaris van die SAKP, Chris Hani.

Derby-Lewis het reeds meer as 20 jaar van sy tronkstraf uitgedien.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.