‘Betroubare werker’ skiet 2, steek 2 met vurk in gru-plaasaanval

Deel op
Tweevley-gasteplaas
Tweevley-gasteplaas

Net een van twee gesinne het die wrede aanval op ’n gasteplaas in die Harrismith-distrik Sondag oorleef.

‘n Swart werker van Malawi is in verband met die aanval hegtenis geneem.

Die aanval het in die vroeë oggendure oor die Paasnaweek plaasgevind by die Tweevley-gasteplaas. Die twee egpare was afkomstig van KwaZulu-Natal en Gauteng.

‘n Polisiewoordvoerder, sê die egpaar, Brian en Tillie Pope onderskeidelik 62 en 46, is doodgeskiet gedurende die aanval.

Tillie se broer, Ockert Britz, het dit beskryf as ‘n “heeltemal sinnelose en wrede moord met die uitsluitlike doel om ses onskuldige mense dood te maak”.

Britz het aan die media gesê: “Die eienaar het ons vertel dat hierdie man baie betroubaar was. Hy is al vir vier jaar by die gastehuis werksaam, en die gaste het hom almal geprys. Die eienaar het vir ons gesê hy is baie deurmekaar en het nooit so iets verwag van hierdie man nie.”

Dié egpaar se seun is in die bors met ’n tuinvurk gesteek. Die seun se vrou is in die arm geskiet en met die vurk in die gesig gesteek.

Sy en haar kinders van 4 en 1, het per motor van die plaas gevlug. Die kinders is nie beseer nie.

Haar beseerde man is later per ambulans na Hoogland Mediclinic in Bethlehem gebring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.